Kekerertjie-burger

kekerertjie


Jou vegetariese vriende sal dol wees hieroor.

Genoeg vir 4
Berei: 10 min.
Gaarmaak: 8 min.

30 ml (2 e) olie
1 ui, grof gekap
2 knoffelhuisies, dun gesny
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
400 g blikkie kekerertjies, gedreineer en afgespoel
150 g hummus
60 ml (¼ k) meel
sout en swartpeper
50 g neute
8 pitabrode, warm
hand vol gemengde slaaiblare
natuurlike jogurt (opsioneel)
soetrissiesous

1. Verhit 15 ml (1 e) olie oor matige hitte in ’n kleefvrye pan. Voeg die uie en knoffel by en braai 3 min. liggies of tot sag, roer gereeld. Roer die komyn en koljander by en braai ’n minuut. Verwyder van die hitte en laat staan 5 min. eenkant om af te koel.
2. Voeg die helfte van die kekerertjies en al die hummus en meel in ’n bak. Geur met sout en peper. Meng in ’n voedselverwerker tot ’n growwe pasta.
3. Voeg die oorblywende kekerertjies en die neute by. Verwerk in ’n voedselverwerker tot die kekerertjies en neute fyn is. Geur na smaak.
4. Verdeel die kekerertjie-mengsel in 8 porsies. Rol elke porsie in ’n balletjie en druk tussen jou palms plat tot in die vorm van ’n burger.
5. Verhit die oorblywende olie in ’n groot, kleefvrye braaipan. Braai die burgers 3 min. op ’n slag aan elke kant of tot goudbruin, bros en deurwarm.
6. Sit die burgers voor in die pitabrode gevul met slaaiblare, jogurt en soetrissiesous.