Frikkadelboonsous

DRUM



Hierdie sous sal goed by jou gunsteling-stysel pas.

Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30 min.
Genoeg vir 6 mense

300 g varkmaalvleis
2,5 ml (½ t) komynsaad
2,5 ml (½ t) fyn koljander
’n hand vol pietersielie, gekap
Sous
1 ui, gekap
400 g tamatiepuree
15 ml (1 e) witwynasyn
15 ml (1e) worcestersous
15 ml (1e) suiker
5 ml (1 t) paprika
5 ml (1 t) brandrissievlokkies
5 ml (1 t) rooipeper
400 g-blik sousbone
sout en swart peper

1.    Plaas die varkvleis, komyn, koljander en pietersielie in ’n bak en meng. Rol die maalvleis in balle so groot soos gholfballe en sit in die yskas.
2.    Sit ’n pan oor matige hitte, voeg olie by en braai die ui tot sag. Voeg die tamatiepuree, asyn en worcestersous by. Laat prut 5 min.
3.    Voeg die speserye en bone by en laat prut nog 10 min.
4.    Laat val die frikkadelle saggies in en laat prut 10 min. Geur en sit voor.

Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller