Koeskoesslaai

cous cous salad


Hierdie krakerige slaai is propvol geur.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: geen

250 ml (1 k) koeskoes
250 ml (1 k) kookwater
1 lemoen
80 ml (⅓ k) rosyne
1 wortel, gerasper
’n hand vol kruisementblare, fyn gekap
80 ml (⅓ k) neute, gerooster
15 ml (1 e) olyfolie
2, 5 ml (½ t) komyn
5 ml (1 t) bruinsuiker
sout en peper

  1. Plaas die koeskoes in ’n hittebestande bak. Gooi die kookwater oor en bedek. Sit 5 min. eenkant of tot die vloeistof geabsorbeer is. Vlok met ’n vurk om die korrels te skei.
  2. Halveer die lemoen. Druk die sap van die een helfte uit en sit eenkant in ’n bak. Breek die ander helfte in segmente.
  3. Plaas die koeskoes, lemoensegmente, rosyne, wortel, kruisement en neute in ’n bak en meng. Dit is jou slaai.
  4. Gooi die olie, komyn, suiker en lemoensap in ’n beker. Geur met die sout en peper. Sit die deksel op en skud om te meng. Giet oor die koeskoesmengsel en meng deur.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers