Patat-en-tunafrikkadelle

web


Raak jou planne met patats min? Hier is ’n resep vir ’n lekker, gesonde happie.

Maak 12 frikkadelle
Berei: 20 min.
Staan: 30 min.
Gaarmaak: 3 min.

2 klein patats, geskil en in stukke gesny
2 x 170 g-blikkies tuna in pekelwater, gedreineer en gevlok
4 stingeluie, gekap
125 ml (½ k) broodkrummels
2 eiers
½ rooi-ui, fyn gekap
1 geel soetrissie, in klein blokkies gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
10 ml (2 t) rissievlokkies
hand vol pietersielie
sout en peper
20 g botter

1. Verhit water tot kookpunt in ’n middelslagpan en voeg die gesnyde patats daarby. Kook sowat 15 min. of tot sag. Dreineer, skep oor in groot bak en druk met ’n vurk fyn.
2. Voeg die tuna en die res van die bestanddele by die fyngedrukte patat. Meng tot al die bestanddele goed deurmekaar is.
3. Rol die mengsel met jou hande in die vorm van frikkadelle. Laat staan 30 min. in die yskas.
4. Verhit ’n kleefvrye pan oor matige tot hoë hitte, voeg ’n stuk botter by en braai die frikkadelle sowat 3 min. of tot goudbruin.
5. Sit voor as peuselhappie saam met ’n doopsous van jou keuse.