Peperbiefstuk-quesadillas

drum


’n Heerlike middagete vir jou en jou gesin.

Genoeg vir: 4
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.

15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, in dun skyfies gesny
1 groen soetrissie, dun gesny
sout en peper
10 ml (2 t) vars gemaalde swartpeper
15 g botter
500 g gebeukte biefstuk in repies gesny
’n hand vol pietersielie, gekap
4 tortillas
200 g beleë cheddar, gerasper
100 g mozzarella, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat.
1. Verhit die olie in ’n groot pan oor matig hoë hitte, voeg die ui, groen soetrissie, sout en peper by. Laat kook en roer af en toe tot die soetrissie en uie sag en bruin is. Skep dit in ’n bak en laat staan eenkant.
2. Verhit weer die pan oor matig hoë hitte en voeg die botter by. Voeg dan die biefstuk ook by en geur met sout en swartpeper. Laat kook 2 min. of tot dit na smaak gaar is. Voeg die pietersielie by en meng goed deur.
3. Verhit elke tortilla ’n paar sekondes in ’n pan. Plaas 1 tortilla op die bakplaat, strooi ’n laag gerasperde gemengde kaas bo-oor, skep ’n gelyke laag biefstuk en ’n gelyke laag gaar soetrissies en uie. Plaas ’n tweede tortilla bo-op en druk dit liggies plat. Herhaal.
4. Bak 5 min. in die oond of tot die kaas gesmelt is. Sny in kwarte en sit voor.

Resepte: Carmen Petersen
Stilering: Hope Malau
Foto’s: Megan Miller