Pynappelvark met tortillas

looks like pineapple and something


Vark en vrugte is ’n klassieke kombinasie. Toets gerus ons resep uit.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 20 min.

2 × 400 g-blikke pynappel
1 ui, gekap
4 knoffelhuisies, gekap
15 ml (1 e) brandrissiepoeier
5 ml (1 t) komynsaad
15 ml (1 e) droë gemengde kruie
sout en peper
500 g varkblad, in blokkies gesny
30 ml (2 e) olie
Tortillas
750 ml (3 e) meel
2, 5 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) olie
250 ml (1 k) warm water

  1. Meng die 1 blik pynappel, ui, knoffel, brandrissie, komyn, gemengde kruie, sout en peper. Gooi dit in ’n verwerker en verwerk tot glad. Sit die vleis in ’n bak, giet die pynappelmengsel oor en laat marineer 1 uur.
  2. Verhit ’n pan oor hoë hitte. Voeg die olie by en braai die vark in sarsies tot verbruin en deurgaar. Roer die oorblywende blik pynappel in.
  3. Tortillas Meng die droë bestanddele in ’n groot bak. Maak ’n holte in die middel en giet die olie en water stadig in. Meng alles tot ’n deeg vorm. Keer uit op ’n skoon oppervlak en knie tot glad. Verdeel die deeg in 10 ewe groot porsies.
  4. Rol die deeg in sirkels uit en bak 2 min. weerskante of tot goudkleurig. Sit die tortillas saam met die pynappelvark voor.

Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller