Sjokoladeskerwe + stap-vir-stap-video

Sjokoladeskerwe. Foto:  Megan Miller

Sjokoladeskerwe. Foto: Megan Miller



’n Heerlike nagereg vir die somer.

Lewer ongeveer 12 stukke
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 5 min.

180 g donkersjokolade
180 g witsjokolade
125 ml (½ k) bloubessies
100 g amandels, grof gekap
60 ml (¼ k) granaatpitte

1. Kap die donkersjokolade rofweg op en sit in ’n maatbeker.
2. Kap die witsjokolade rofweg op en sit in ’n ander maatbeker.
3. Plaas die maatbeker met die donkersjokolade in die mikrogolf en mikrogolf 1 min. Roer goed en mikrogolf nog 30 sek. of tot gesmelt.
4. Herhaal met die witsjokolade.
5. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
6. Smeer die donkersjokolade oor die bakplaat.
7. Skep lepels vol van die witsjokolade op die donkersjokolade.
8. Marmer die sjokolade met ’n vurk.
9. Sprinkel die bloubessies, amandels en granaatpitte oor.
10. Sit die bakplaat in die vrieskas en verkoel 30 min of tot gestol.
11. Breek in stukke en sit dadelik voor of bêre in ’n lugdigte houer.

Resep en stilering: Esther Malan
Fotograaf: Megan Miller

Goeie nuus! Ons maak maaltydbeplanning maklik deur élke week – op ‘n Vrydag – vir jou 5 werksdag-etes én ‘n bestanddele-inkopielys gerieflik na jou inboks te stuur.

Kosnuusbrief

Databasis vir die weeklikse kosnuusbrief