Kul-paasbolletjies – stap-vir-stap-video



Bederf gerus jou mense met hierdie heerlike paasbolletjies oor die Paastyd!

Maak ongeveer 8 rolletjies
Voorbereiding: 20 min.
Rystyd: 40 min.
Baktyd: 30 min.

1 kg Winkelbrooddeeg, teen kamertemperatuur
125 ml (½ k) Ligte bruinsuiker
5 ml (1 t) Gemengde speserye
5 ml (1 t) Fyn kaneel
125 ml (½ k) Rosyne of sultanas

Afronding
60 ml (¼ k) Meel
60 ml (¼ k) Water
’n Bietjie heuning, verhit

Voorverhit die oond tot 180°C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

1. Plaas die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak.
2. Druk die deeg platter met jou vingers.
3. Strooi die suiker en speserye oor.
4. Strooi die rosyne of sultanas oor.
5. Knie die deeg tot al die bestanddele goed ingemeng is.
6. Verdeel die deeg in bolletjies en pak op die bereide bakplaat.
7. Laat rys op ’n warm plek minstens 40 min.
8. AFRONDING Meng die meel en water goed saam en skep in ’n spuitsak.
9. Spuit kruisies met die mengsel oor die deegbolletjies.
10. Bak 30 min. of tot goudbruin en gaar.
11. Verf die bolletjies met die heuning.

Deur: Esther Malan
Foto’s: Megan Miller
Assistent: Lucinda Houtzamer