Hoender-tortilla

Drum


’n Ligte maaltyd om ná ’n lang dag te berei.

GENOEG VIR 4-6 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 25 min.

15 ml (1 e) rooiwynasyn
45 ml (3 e) olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
1 ui, fyn gekap
250 ml (1 k) mieliepitte
200 g kersietamaties, gehalveer
4 hoenderborsies
10 ml (2 t) olyfolie
8 tortillas, gerooster
tamatieskywe
sagte mozzarellakaas
’n hand vol vars basilieblare

1. Maak die rooster skoon, olie liggies en verhit tot matig-hoog. Klits die asyn, 45 ml olie, sout en peper saam in ’n middelslag-bak en roer die ui in. Voeg die mieliepitte en tamaties by en meng. Plaas eenkant.
2. Vryf die hoender met die 10 ml olie, geur met die sout en peper, en rooster tot net deurgaar, 8 min. aan ’n kant.
3. Sny die hoender in skywe en rangskik bo-op die geroosterde tortillas saam met skywe tamatie en mozzarella. Skep die mieliemengsel en enige sappe van die bak bo-oor, strooi die basilieblare oor en sit voor.

Deur Hope Malau
Foto’s: Megan Miller