Groen splitertjie-gereg

hope9sept


’n Heerlike maar eenvoudige gereg vir ’n weeksaand

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 1 uur

300 g droë groen splitertjies, afgespoel
1 ui, gekap
1 wortel, gekap
2 aartappels, in blokkies gesny
2 lourierblare
250 g spekvleis, in blokkies gesny
’n hand vol pietersielieblare
bros brood, vir voorsit

1. Plaas die splitertjies, ui, wortel, aartappel, lourierblare en spekvleis in ’n pan. Voeg genoeg water by om te bedek, bring tot kookpunt en laat prut dan 1 uur oor lae hitte terwyl jy af en toe roer tot die ertjies begin afbreek.
2. Gooi die lourierblare weg. Skep in bakke en garneer met pietersielieblare. Sit voor saam met brood.

Deur Hope Malau
Foto’s: David Briers