Wen ’n bootreis vir twee na die Portugese Eilande!

Riaan Grobler en Rinél Day se nuwe musiekvideo, Ons is Liefde, word op Valentynsdag uitgereik. Om dit te vier, gee Let’s Go Productions een gelukkige paartjie die prys van ’n leeftyd: ’n kajuit op die Groot Boot (Groot FM se bootreis) van 31 Maart tot 3 April!

riaanenrinel

Riaan sê dit was ongelooflik lekker om ’n tweede musiekvideo saam met Rinél te maak. “Die energie tussen ons is tasbaar. Soos met Mi Amore gaan baie mense seker dink ons is rêrig verlief en ja, ek is baie lief vir Rinél, maar ons is net goeie vriende.”

Ná die wegholsukses van Mi Amore het die navrae vir optredes ingestroom. In Augustus gaan hulle ’n duetalbum saamstel en einde Maart sal Riaan se solo-album op die rakke wees.

Intussen werk Rinél ook aan ’n solo-album, wat binnekort uitgereik word. Haar nuwe enkelsnit, Gyselaar, sien ook binnekort die lig.

Vyf moetweet-feite oor Riaan en Rinél:

RIAAN

  1. Ek is mal daaroor om mense skrik te maak (al voel die mense wat ek skrikmaak nie noodwendig dieselfde daaroor nie).
  2. Ek is bitter bang vir slange en spinnekoppe.
  3. Ek is verslaaf aan piesanggeur-ProNutro en eet babapap (daai lekker Nestum) as ’n peuselhappie voor ek gaan slaap.
  4. Ek is mal oor Kersfees. Die bome, die versierings, die lekker tyd van die jaar . . .
  5. Ek het twee hondekinders: Timmy (de Swart) en Noescha (de Bruin). Hulle is miniatuurworshonde en het hul vanne aan hul pelskleur te danke.

RINÉL

  1. Ek is ’n groot Blou Bul-ondersteuner.
  2. Ek is gaande oor bakwerk.
  3. As ek ooit kwaad is vir jou, kan jy my met jellieboontjies omkoop.
  4. Ek is ’n groot familiemens; familie is alles.
  5. Ek ken die fliek Notting Hill woord vir woord uit my kop.

WEN!

bootmain

Een gelukkig paartjie kan ’n kajuit wen op Groot FM se bootreis van 31 Maart tot 3 April. Die prys word geskenk deur Let’s Go Productions.

Vir nog inligting oor die Groot Boot-reis, besoek hul webtuiste.

SKRYF SO IN:

Kyk na Riaan en Rinél se nuwe musiekvideo hier en beantwoord die kompetisievraag. Vul teen 12:00 op 23 Februarie 2017 jou besonderhede en antwoord op die vorm hieronder in om in aanmerking te kom vir hierdie lieflike prys. Jy moet ouer as 18 wees om in te skryf.

Let wel:

  • Almal wat inskryf, moet ouer as 18 wees.
  • Die wenners kry ’n standaardkajuit vir twee mense wat deel.
  • Alle maaltye is ingesluit, maar wenners moet self vir alle drankies op die boot betaal.
  • Wenners moet self vir enige ekskursies betaal.
  • Die wenners moet ’n geldige paspoort hê.
  • Die wenners moet op hul eie onkoste op 31 Maart om 08:00 by die Durbanse hawe wees. Die boot vertrek 14:00, maar almal moet teen 12:00 aan boord wees.

VRAAG: Wat staan geskryf in die boodskap wat Rinél Day in die musiekvideo kry nadat sy wakker word?