Egoli se geliefde Bertie oor sy herfsjare: ‘Ek het vrede en ek is tevrede’
Jare lank het ons hom geken as die ywerige posman van die Goudstad wat by sy ousus Nora Naudé gewoon het. Hy het graag by sy vriend Pietie gekuier en was altyd maar te gretig om ’n storie aan te dra.