Wen 1 van 8 dubbelkaartjies vir Slava se Snowshow!

nar


Wanneer die hoogaangeskrewe internasionale teatersensasie Slava’s Snowshow op 26 Julie in die Teatro by Montecasino open, gaan daar ’n baie spesiale gas in die gehoor wees: die skepper van die vertoning, die Russiese narremeester Slava Polunin.

Hy is een van die beroemdste hansworse ter wêreld en bekend vir sy geel hansworskarakter, Assisai. Slava is ’n Russies kultuurikoon wat na sy sensasionele optrede as deel van Cirque du Soleil se Alegria die Snowshow in die vroeë 1990’s geskep het.

Dit het langer as 20 jaar gelede begin en nog nooit ophou toer nie. Die vertoning en sy skepper het meer as 20 van die wêreld se vooraanstaande teaterpryse gewen, onder meer die Lawrence Olivier, Drama Desk, Triumph en Golden Nose.

“Slava tree nie meer op nie en reis selde saam met The Snowshow; so ons voel bevoorreg dat hierdie ikoniese vermaakster na die openingsvertoning in Johannesburg gaan kom kyk,” sê Tony Feldman van Showtime Management, die plaaslike bemarker. “Ons sien uit daarna om Slava en The Snowshow in Suid-Afrika te verwelkom en om hulle aan ons gehore voor te stel en ons gehore aan hulle.”

????
Slava se Snowshow het ’n spesiale inslag vir elke land se gehore. Die absurde sy is gewild in die Verenigde Koninkryk en die passievolle sy word beklemtoon in Spanje. Die wilde siel is van Rusland en die poëtiese kant klink helderder op in Frankryk.

Dit sal interessant wees om plaaslike gehore se reaksie te sien in die Teatro by Montecasino van 26 Julie tot 14 Augustus 2016 en dan in die Kunstekaap se Operahuis van 17 tot 28 Augustus 2016.

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Computicket, by enige Computicket-toonbank of bel 0861-915-8000.

Vir nog inligting oor Slava en die vertoning, gaan na die amptelike webtuiste.

WEN!

Agt gelukkig lesers kan elk ’n stel dubbelkaartjies wen na Slava se Snowshow – vier vir Johannesburg en vier vir die Kaap.

Skryf so in: SMS jou antwoord, naam en adres voor 14 Julie 2016 om 12:00 na 35407. Elke SMS kos R1,50.

Vraag: Van watter land kom Slava?

Bepalings en voorwaardes: Die kompetisie is oop vanaf 28 Junie 2016 tot 14 Julie om 12:00. Elke SMS kos R1,50. Jy moet die wettige eienaar van die selfoon wees of die eienaar se toestemming hê om die selfoon te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Werknemers van Media24 en die borg en hul gesinne mag nie deelneem nie. Jy moet die regte antwoord op die vraag stuur om ’n kans te hê om te wen. Wenners word deur ’n lukrake trekking bepaal. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. As ’n wenner nie binne drie oproepe tydens kantoorure bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelik vir enige skade wat gely word deur vir die kompetisie in te skryf of daaraan deel te neem nie. Pryse is nie-oordraagbaar en kan nie vir kontant geruil word nie. Die borg is verantwoordelik om die prys betyds by die onderskeie lokette af te lewer. Kaartjies is slegs geldig vir die vertonings aangedui en mag nie opgradeer, verruil vir kontant of vir ’n ander vertoning gebruik word nie. Die prys bestaan uit twee toegangskaartjies. Die kaartjies sal NET ’n uur voor die tyd op die dag van die vertoning beskikbaar wees by die teater se loket. Wenners wat nie opdaag nie, sal nie ander kaartjies kry nie. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, verleen jy toestemming om af en toe bemarkingsmateriaal van Media24 te ontvang. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, aanvaar die deelnemer die bepalings en voorwaardes.