Teken in op ons kosnuusbrief en jy kan R5 000 se koopbewyse wen!

Teken in op die kosnuusbrief en wen!


Ons weeklikse kosnuusbrief met 5 maklike, moeitelose werksdagetes én volledige inkopielys haal die geskarrel uit jou week se kosmaak.

Elke Vrydag land jou kosnuusbrief gerieflik in jou e-pos-inboks. Dit gee jou oor die naweek tyd om rustig al jou bestanddele vir die week wat voorlê te koop (en sommer direk vanaf jou foon, indien jy jou e-posse daar ontvang).

TEKEN IN EN JY KAN R5 000 SE KOOPBEWYSE VAN CHECKERS WEN!

Twee gelukkige wenners kan elk R5 000 se koopbewyse van Checkers wen deur in te teken op Huisgenoot se weeklikse kosnuusbrief. Sluitingsdatum: 31 Mei 2017 om 12 nm.

Maak seker van die bepalings en voorwaardes heelonder.

Kosnuusbrief

Net soos ons die moeite uit jou dag-tot-dag-maaltydbeplanning haal, doen Checkers dit ook nou met hul splinternuwe gesonde, sukkelvrye kinderetes.

Die Michelin-sterbekroonde sjef Gordon Ramsay en sy dogter Matilda het ’n reeks heerlike en gesonde geriefsetes vir kinders ontwikkel, eksklusief vir Checkers. Meer as 200 kinders vol fiemies en besige ma’s het dit goedgekeur.

Matilda en Gordon Ramsay matilda-and-gordon-ramsay-2

Die Oh My Goodness!-reeks smaak heerlik en het die belofte dat dit gemorsvry is. Daar is vyf etes in die Oh My Goodness!-reeks: bief-herderspastei; hoender-spek-en-mieliepastei; macaroni met kaas; hoender, rys en groente met kaas; en spaghetti bolognese.

O My Goodness produkreeks

 

KOMPETISIEREËLS

Personeellede van Media24 en die borg, sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie.

Jou details moet suksesvol in die nuusbrief-databasis wees om in aanmerking te kom vir die prys.

Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking. Hulle sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal ’n wenner drie keer tydens kantoorure bel. As hy of sy nie in dié tyd bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie geruil word vir kontant of ’n ander prys nie.

Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4–6 weke).

Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n afleweringsadres te verskaf waar die prys bedags afgelewer kan word en/of ’n korrekte posadres.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse weens ’n wenner wat nie beskikbaar is tydens aflewering nie en/of die prys nie betyds by die poskantoor afhaal nie.

Die kleur van ’n prys kan nie gewaarborg word nie en is onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.

Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.