Vir die Voëls hoort op elke DVD-rak, joune ook!

virvoelsweb


As jy om die een of ander rede Vir die Voëls misgeloop het toe dit in fliekteaters gedraai het, moenie bekommerd wees nie: Jy het nog kans om dié Afrikaanse fliek te sien.

Selfs mense wat Vir die Voëls al gekyk het, kan skaars wag om die trefferfliek se DVD te besit.

“Dis een van daardie flieks wat jy weer en weer kan kyk en dieselfde emosies sal ervaar,” sê Tania Conradie (35), ’n onderwyseres van Centurion.

Tania het dit al drie keer gesien. “Ek was so gelukkig om die première in Monte Casino te kon bywoon. Daarna het ek dit twee keer in Forest Hill Mall gekyk,” vertel sy. Tog is sy nog lank nie uitgekuier met die geloofwaardige karakters in Vir die Voëls nie, wat sy gaan beslis die DVD koop wanneer dit op 17 Februarie uitgereik word.

Tania beskryf dit as ’n “goedvoel-fliek”: “Ek het daar uitgestap en tussen die trane ’n lekker gevoel om my hart gehad. Dit was so lekker om dinge in die fliek te sien waarmee ons grootgeword het, soos (Vladimir Tretchikoff se) bekende portret van die seuntjie wat huil en die koffie- en suikerhouers. Ons het net sulkes in ons kombuis gehad,” vertel sy.

Sy wil graag hê haar kinders moet Vir die Voëls sien sodat hulle ’n stukkie van die lewe in die 1970’s kan ervaar.

Boonop sê sy die fliek het haar ook ’n lewensles of twee geleer.

“Ware liefde oorwin altyd. En ek bid dat my dogters eendag soos Irma sal wees. As jy lief is vir iemand, maak niks en niemand anders saak nie.”

Bianca Zaaiman (28), van Port Elizabeth sê weer sy was mal oor Simoné Nortmann en Francois Jacobs wat Irma en Sampie speel.

“Ek dink die fliek was baie romanties,” sê sy. Sy en haar ma het lekker gelag toe hulle dit saam gaan kyk.

Karina Cloete (25) moes ’n stywe ent ry om dit saam met haar ouers op Secunda te sien. Hulle woon op ’n plaas by Amersfoort, ook in Mpumalanga.

Sy sê sy was mal daaroor. “My ma het elke dan en wan in die fliek aan my gestamp, want ek is ook ’n bietjie soos Irma,” sê sy en lag. Sy sê sy was gek oor die tema. Hulle het die hele ent huis toe nog oor die fliek gepraat.

“Dit is ’n moet-kyk, regtig een van die mees uitstekende flieks in Afrikaans. Ek dink dit het vir my ouers ook baie herinnerings teruggebring.”

Volgens Karina wag sy dat die DVD beskikbaar word sodat sy dit aanlyn kan bestel.

Maar sy is nie al een nie. Nog mense wat die fliek gesien het, was vol lof daarvoor.

Moet dus nie op jou laat wag nie!

VIND DIT IN HIERDIE WINKELS:

Musica
Checkers
Shoprite
CNA

Of koop dit aanlyn by takealot.