Skouspel Plus 2010: Bobby, Theuns & Wynand

Opgelaai deur Huisgenoot
9683 keer gekyk

Wynand, Theuns & Bobby sings Sprokie vir n Stadskind by Skouspel Plus 2010

E-pos
Print

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (28)


  1. Susan
    2010/10/25 03:13:34 nm
    Wonder net wie druk Bobby so hard dat hy sy stem weg sing. Selfs Theuns lyk bekommerd daaroor. Hy sal na sy stem moet begin kyk, dis sy brood en botter.
  2. linda nortje
    2010/10/20 06:20:28 nm
    Ek dink Suid-Afrikaanse kunstenaars moet asb begin weg beweeg van bal rokke, jaar in en jaar uit sien mens klomp ou-tydse style.
    Ek glo dit sal die hele fees n 'new look' gee, biekie iets vars en nuut kan net goed wees vir almal.
    Dalk is n nuwe stylist in orde.
    @ linda; fashionista
  3. Alta van Heerden
    2010/10/13 02:41:01 nm
    Dit was my eerste keer op skouspel - Ek het seker te veel verwag................
    Afrikaners gaan vir die afrikaanse musiek. Die "snotkoppe" is nie wat ek wil sien nie.
    Nog minder vir Mara en haar zulu liedjies nie. Gee terug die afrikaans...............................
  4. Hugo
    2010/10/13 10:24:03
    Ek stem saam met Sandra. Waaragtig - mens kan mos nie net na dieselfde kunstenaars jaar in en jaar uit op Skouspel kyk nie. Mense moet verstaan smaak verskil en dit sal altyd verskil. Verskillende mense het ook verskillende opinies oor kunstenaars - maar gun almal tog 'n plekkie in die son. Daar is baie mense wat gedink het Skouspel 2010 was fantasties. Miskien moet die KNORPOTTE maar hul eie GROUSPEL reël en self bywoon. Dit sal wragtag nie 'n afname in kaartjiesverkope veroorsaak nie! Wees eerder dankbaar dat SA so 'n groot verskeidenheid van kunstenaars het waaruit Huisgenoot kan kies! Hou op knor en het meer respek vir kunstenaars!
  5. Magriet
    2010/10/13 07:41:41
    Ons was 2 jaar gelede by Skouspel en dit was fantasties. Hierdie jaar was ons weer daar. Iets het kortgekom. Miskien die feit dat daar 2 orkeste op die verhoog is, met ongelooflike talent, maar daar word "backtracks" gespeel. Swak keuse!! Waar was Jennifer Jones. Sy het die vorige naweek opgetree. Ten minste sing sy Afrikaans. Los maar vir Mara Louw. Haar vertoning was uiters tydrowend. Van ons GOEIE sangers kon liewers in daardie tyd gesing het. Ek stem saam oor die nuwelinge. Gee hulle 'n tydjie. Maar waarom moet ons bekende sangers die verhoog deel met die nuwelinge, maar hulle sing nie alleen nie. Sal iemand asseblief vir Nicolas Louw vra om liewers te begin sing; dit sal beter klink as sy geskree.
  6. Sandra
    2010/10/12 12:37:22 nm
    Ag, Ek was hierdie jaar die eerste keer by Skouspel & wat 'n belewenis.Die mense wat vir 10jr verwag dat dieselfde Kunstenaars jaar in en jaar uit moet optree,is boaring.Koop dan die DVD's en kyk dit elke week, dan sien julle mos dieselfde Kunstenaars.Mens moet plek maak vir nuwe Kunstenaars.
  7. marissa kennedy
    2010/10/12 11:28:30
    Wat is GROOT teleurstelling was 2010 Skouspel nie!!! Dis was ons 7e Skouspel en beslis ons laaste. Die gehoor gaan Skouspel toe om al die TOP kunstenaars in ons land te sien, en nie onbekendes wat probeer naam maak nie? Die hele aand was so formeel, dat niemand eers lus was om saam te sing nie. Waar was Jannie Moolman, Dozi, Robbie Wessels, 3 van die bestes, Campbells ens? Lyk my Huisgenoot wil nie meer ordentlik betaal vir ordentlike kunstenaars nie, en nou moet ons met "second best" tevrede wees. En Mara Louw - werklik! Wat soek sy op Skouspel, sy kan nie eers Afrikaans praat of sing nie?? Of het Huisgenoot nou ook 'n gewete begin ontwikkel oor diskriminasie? Laastens was die ligte UITERS hinderlik en het in almal se oe geskyn en die lugversorgings het nie gewerk nie, so ons het daar gesit en sweet asof dit 'n sauna is. Jammer Huisgenoot, julle het die pad byster geraak, en na gelang van al die mense se reaksie na die tyd, beslis baie getroue Skouspel fans verloor.
  8. Elsa
    2010/10/12 09:38:00
    Ek is ook uiters teleurgesteld met hierdie jaar se skouspel. Werklik ek oordryf nie as ek se, met elkeen wat ek praat oor 2010 se Skouspel is daar negetiewe kommentaar. Mara Louw was 'n groot gemors, ons wil regtig nie betaal en dan na so iets luister nie, sy het glad nie gesing nie, maar geskreeu. Ek wil ook groot asb vra maak vrede met Steve Hofmeyer. Julle sal nie glo hoe opgewonde die gehoor was toe die orkes Die Boubul Lied gespeel het nie. As Steve toe daar was sou die dak werklik gelig het. Ons is almal groot en moet vergewe probeer asb ons wil hom so graag weer daar sien.

    Ek sien werklik uit na volgende jaar, en het nog nooit een Skouspel gemis nie. Sterkte en maak dit mooi.
  9. estelle
    2010/10/11 09:05:27 nm
    Ons woon al die afgelope 10jr skouspel by. Dis elke jaar 'n hoogtepunt en ons het ook vanjaar geniet. Die grootste teleurstelling was seker die teenwoordigheid van Mara Louw - sy is die Afrikaner nie goedgesind nie, het nog nooit iets vir Afrikaans gedoen nie en bowe al het jare laas gesing. Ons het Jannie Moolman gemis. Die klank van die orkes was te hard. Die rokke was fantasties. Behou die gesig van skouspel, dis ons enigste afrikaanse hoogtepunt in die jaar!
  10. Elize
    2010/10/11 06:44:49 nm
    Ek het Vrydagaand 8 Oktober by die vertoning gewees. Die reëlings was baie puik gewees. Ongelukkig was daar te veel onbekende kunstenaars en 'n oemf het ontbreek omrede daar te min kunstenaars was op die huidige oomblik populêr is en persooonlik vetes met die keuse van kunstenaars moet buite rekening gelaat word. Die klank van die orkes het die kunstenaars se sang oordonder. Die eggo van die "backtracking" was in sommige gevalle hinderlik.
    Volgens reklame is Skouspel 'n forum vir Afrikaanse musiek, waarom word daar liedere gesing wat nie Afrikaans is nie en dan is die liedjies stokoud soos van die kunstenaars. Is dit deel van Skouspel se regstellende aksie. Daar was kolligte op die verhoog wat gereeld direk in 'n mens se oë geskyn het dan moes daar na die grootskerms gekyk word om die kunstenaar dop te hou. Van die bekende sangers wat groot bydrae gelewer het aan Afrikaanse liedjies het net eenkeer op die verhoog verskyn en sangers wat redelik onbekend is het meer blootslelling gekry met liedjies wat meer gerig is op vandag se jongmense. Maak skouspel toeganglik vir alle tipes musiek en kunstenaars wat populêr is in die tydperk wat die vertoning aangebied word en vergeet van onbekende liedjies en veral in vreemde tale. Geleendheid kan wel gegee word vir een of twee nuwe kunstenaars en nuwe liedjies maar dit moet nie die vertoning oorheers nie.
  11. Letsie
    2010/10/11 02:10:12 nm
    Ek woon al die afgelope 10 jaar skouspel by. Wat 'n teleurstelling was hierdie jaar nie. Die kersie op die koek was to Esmare vir Sonja Herouldt moes vereer en toe nog 'n fout ook moes maak met haar liedjie wat einltik een van Laurika se lietjies was. Die klank was ook nie van die beste nie. Bring maar weer vir Steve, Dozi, Chris Chameleon, Eden, Jak de Priester ens. terug. As ek dit vergelyk met die Skouspel van twee jaar terug het dit regtig baie afgewater gevoel.
  12. Philip
    2010/10/11 12:04:53 nm
    NIe om snaaks te wees nie .... maar ek dink die seleksie van kunstenaars was baie swak. 3jaar gelede was ek ook by skouspel end dit was n "awsome" vertoning.

    Die jaar het ek daar gesit vir 4 ure, en was hoogs verveeld met die spektakel. Nie eers een ordenkilike afrikaanse orkes nie.

    Nou ja ... die hoof keuse sou sekerlik The Parletone gewees het ... wat ek nie van hou nie. Maar wat van ouens soos Die Heuwels Fantasties.

    Ek voel dat daar teveel van die "popular" kunstenaars daar was en dat daar nie werklik vir almal wat gaan kyk voorsienning gemaak is nie. Ook sien ek dit as puntloos dat kunstenaars liedere sing wat al drie jaar oud is as hulle CD's uit het met nuwer goed. Soos Bok van Blerk wat steeds op Mienkie en De La Rey vashaak.

    Snaaks genoeg ek het met van die ouer mense gesels wat saam met my werk, en ook gaan kyk het ... en hulle self was baie teleurgesteld met die skouspel se keuses in kunstenaars die jaar.

    Daar is so baie om van te kies, en tog kies hulle net uit n handtjie vol.
  13. Sue
    2010/10/10 07:04:34 nm
    Ek was Saterdag, 9 Okt 2010 by Skouspel. My heel eerste. Ek weet nie of ek te veel verwag het nie. Elke jaar was al hierdie groot sterre daar en sowaar die jaar wat ek uiteindelik gaan moet ek eerlik wees was daar fantastiese mense maar ook minder fantasties. Waar was die ou grotes soos Jannie Moolman, Chris Cameleon en meer? Nianell jy en Juanita is fantasties, Romanz wonderlik asook Corlia & Rudi. Al hierdie groot sterre sing sowaar amper nie eers twee liedjies nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie ek het dit baie geniet maar ek was ook teleurgesteld. Die klank van sommige ouens was oorverdowend. Ons kon nie eers die kore hoor nie. Sal dalk weer gaan as Skouspel reggeruk word soos 'n paar jaar gelede. En kan Esmarie en Steve Hofmeyr tog nie mekaar vergewe en vrede maak nie. Steve die mense mis jou by Skouspel. Glo my die wat nie van jou hou nie is in die minderheid. Asseblief maak vrede - 70 x 70!!!!!! Komaan Esmarie sit alles agter jou. Julle is mos grootmense of hoe!
  14. Isabel
    2010/10/08 09:27:23
    Ja nee, ek wil net aansluit by al die komentaar wat gemaak is oor Mara Louw, haar teenwoordigheid was regtig nie vanpas nie, as mens net luister na haar kommentaar op Idols, is sy die laaste een wat by 'n afrikaanse konsert hoort, wat nog te sê Skouspel! Ek moet ook sê die klank was nie 100% nie, die arme sangers het gesukkel, mens kon dit sien. En ja, waar was al die ander kunstenaars?? Maar Bobby bly darem BAIE ouilik!!
  15. Elmarie
    2010/10/07 01:37:53 nm
    Dit was ons eerste keer by skouspel en was vreeslik teleurgestel oor Mara Louw se onaardse geluide wat sy gemaak het. Die res van die kunstenaars was puik. Maar aangesien dit oor AFRIKAANS gaan sou ek se alles moes in afrikaans gewees het so Nee Mara jy het nie die Xfaktor nie en wat nog van die kliek faktor.
  16. Wouter
    2010/10/07 12:55:50 nm
    Ek was self nie by Skouspel 2010, maar uit terugvoering van vriende en familie wat dit wel bygewoon het, was Sonja Herholdt en Nianell tops! Blyk voor te kom dat die klank 'n werklike probleem was en hoop daar word iets daadwerklik aangedoen vir die komende naweek se vertonings. Dit is nie regverdig teenoor kunstenaars indien dit 'n fantastiese produksie is en die klank gehalte laat veel te wense oor nie. Sterkte aan al die kunstenaars vir die volgende vertonings!
  17. Corrie
    2010/10/06 04:36:48 nm
    Die vertoning was afgewater. ONs woon Skouspel al die afgelope 6 jaar by en die een het ons nie na die tyd met 'n whaau-gevoel gelaat soos ander jare nie. Wat soek Mara Louw daar. Sy het niks met Afrikaans uit te waai nie. Ons gun die jonger kunstenaars ook 'n plek daar, maar het regtig vir Jannie Moolman, Chris Chameleon en nog baie ander gevestigde kunstenaars gemis. Nianel, Romanz, Sonja, Juanita, Rina & Carike - fantasties.
  18. Gladys Smit
    2010/10/05 02:20:55 nm
    Ek was teleurgesteld. Die musiek was oorweldigend hard. Ons kon nie nie hoor wat gesing word nie. Die bekende en gewilde sangers was lou en afgewater. Veral Theuns Jordaan. Ons het Jannie Moolman e baie baie bekende sangers gemis. Natuurlik is nuwe kunstenaars welkom. Dit het egter geklink asof die gewilde kunstenaars nie kon/wou kom en daar tyd ingevul moes word. Ek WIL nie na Afrikatale luister. Mara is baie talentvol. MAAR laat sy dan maar Afrikaans sing. Dit het baie geld gekos vir kaartjie. Dan die vervoer. Dan die botteltjie water Teen R19.00 Wat alles reg is AS daar gelewer word volgens verwagting. Sal ek die DVD koop ---- NEE Sal ek weer gaan ____ JA want ek hou van my taal en ek hou van die atmosfeer. Net soos ek ander kere na bv. ander tipe shows gaan. Miskien was daar net nie genoeg tyd/motivering of was ons kunstenaars te besig met alles wat hul oral probeer doen dat hul nie kon voorberei nie. Vreemd, ek is nie 'n fan van Sonja Herholdt nie maar sy het eintlik die beste gesing. Ook so vir Corlia en kie. Romanz, Nianell was uitstekend. Verstaan my kritiek. Dit is nie bedoel om afbrekend te wees. Dit was my eerlike siening.
  19. Johan
    2010/10/04 08:15:17 nm
    Fantastiese samekoms van talent, skouspel en pragtige dekor en organisasie.
    Net jammer dat die klankmense aan doof grens, want die oorverdowende musiek oorheers en doof die wonderlike sangtalent van ons pragtige sangers heeltemal uit in meeste van die tyd.

    Ons waardeer werklik ook die fantastiese multi-talentvolle orkes, maar dit is geen kuns vir soos aangekondig, 46 instrumente om enige sanger totaal onhoorbaar te maak nie. Laat van die klankmense tog bietjie in die gehoor sit sonder hulle oorfone en die balans vandaar ook reguleer.

    As julle hierdie een kan regkry, is hierdie beslis een van die bestes in die wereld.

    Van en namens vier[4] getroue Skouspel bewonderaars en ondersteuners sedert 2002.

    Groete.
    Johan
  20. Sarah Aucamp
    2010/10/04 08:24:17
    Bietjie teleurgestel die meeste wat ek wou sien was nie daar. Wat soek Mara Louw op Skouspel sy is die grootste rassis en dan wil ys die show oor vat. Waar is Dozi, Jannie Moolman en nog meer glimlag op Juanita se gesig
  21. Kobie
    2010/09/21 10:19:17
    My kommetaar gaan na verwysing van berigte in Rapport Sondag 19/9/2010 aangaande Skouspel en Jack Parow - My opinie oor die insluiting van hom in Skouspel is dat hy die statigheid van Skouspel baie skade sal aan doen. Ek sien Skouspel as 'n baie "upmarketed" konsert waar almal net op hulle beste is - ons het nie sy swak smaak nodig om die beeld en kwaliteit skade aan te doen nie. Daar is tog ander konserte waar sy soort hoort.
  22. karen van der Merwe
    2010/07/17 12:01:43 nm
    wie het julle pragtige man klere gemaak, ek het 'n matriekafskeid op hande en stel belang!
  23. Marlene Retef
    2010/07/14 02:27:11 nm
    Pragtig! Hoendervleis musiek! Dankie julle drie
  24. Carol
    2010/04/04 10:28:40 nm
    Julle drie sing vreeslik mooi saam, dit is lekker om weer ons matriek afskeid liedjie te hoor!!! As julle dit maar net in 2007 vir ons matriek groep gesing het......
  25. Elize
    2010/04/04 10:25:37
    Beautiful!! Dis hemels mooi. Dit maak my trots op my mense en om Afrikaans te wees - talentvol net soos Koos.
  26. Estie
    2010/03/29 05:26:27 nm
    sjoe... dit is groot talent!! FANTASTIES!!
  27. Vicky Visser
    2010/03/26 08:47:32
    Eish .....dis pragtig 'n mens kry sommer ....hoendervleis en pil so af en toe 'n traan dis ..........soooooooo mooi kan dit nie met woorde beskryf nie mwhaaaaa