Kom bietjie hier - Kurt Darren

Opgelaai deur Huisgenoot
9171 keer gekyk

Kurt Darren se musiekvideo van Kom bietjie hier

E-pos
Print

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (31)


  1. Amanda Bredenkamp
    2011/11/01 09:56:43
    Hierdie is waarlik pragtig... Vir die mense wat al gereis het buite ons Vaderland trek die liedjie hard aan 'n mens se hartsnare. Ek was vir 'n jaar en 'n half in die stille oseaan as 'n sendeling en ek het die oorspronklike weergawe van die lied in 'n taxi gehoor en kon my ore nie glo. Zulu musiek op 'n eiland in die middel van nerens. Ek het lekker huis toe verlang met 'n lied in my hart en trane in my oe. Kurt, hou aan met jou pogings om ons mense een te maak. Ons is almal broeders en susters. Selfs die wat op die uiteindes van die wereld woon. Ons is almal kinders van God en ons hoort almal saam te kan staan en saam te loop na die doel, hand in hand...
  2. Alta Barnard
    2011/07/06 02:04:02 nm
    Kurt, die mense kan sê net wat hulle wil. Hierdie is vir my beslis 'n BAIE mooi liedjie om na te luister en hengse groot plesier om na die video te kyk! Baie , baie dankie!
  3. Erica
    2010/10/20 10:34:19
    Ek is mal oor die liedjie en het nou vir die eerste keer die video gesien en kan net sê WOW dis rerig stunning. Hou so aan en ek sal altyd na jou shows gaan kyk!!! Jy bly my GUNSTELING sanger.
  4. Tokkie
    2010/10/06 08:57:39 nm
    Jy kan beter as dit doen, jy het al Kurt.......moenie agteruitgaan met jou sangtalent nie.
  5. Theresia S
    2010/05/13 03:56:16 nm
    Dit is fantasties Kurt. ek wens meer kunstenaars wil sulke musiek video"s maak en nie altyd kaalgat meisiekinders gebruik nie.
  6. Marlene
    2010/04/27 06:55:00
    Kurt, jy het my dag gemaak! Ek sit hier in die vreemde (NewZealand) al vir 3jaar en verlang na my land en my mense! Jy het vandag vreugde in n ou tannie se hart gebring. Hou aan sing vir ons almal!
  7. Sue-Mari
    2010/04/25 10:29:19 nm
    Dit is vrek nice van jou Kurt om almal eeners te sien.Hierdie musiek video is baie goed gedoen.

    Hou so aan
  8. wouter vir terleurgesteld
    2010/04/22 09:42:38
    Ai "terleurgesteld", wat is 'n "volktaal"? Praat jy nog van die swartmense as volk? Gaan woon in 'n ander land, hiers meer plek vir jou nie. Jy klink stormdom.
  9. JOHAN
    2010/04/06 09:32:54
    JA EK WAS OOK OP DIE BOOT !!!

    Hoe kon hy ons onder verkeerde indruk laat dans ???????????????
  10. teleurgesteld
    2010/04/05 07:27:50 nm
    Vir wat die volktaal in `n afrikaanse video sit ? Ek was `n die hard fan.
  11. Barry
    2010/04/05 08:12:32
    Kurtt jyt nice songes en dat jy in gekoop het in bokspan is cool dis goeie belegging
  12. Charl
    2010/04/05 04:58:03
    0% vir oorspronklikheid. Spookasem-musiek vir die massas. Maar sal ek 'n girl wil vat vir 'n spin oppie dansbaan op hierdie "song"? Verseker!

  13. Debbie
    2010/04/04 09:32:23
    Ek was saam Kurt op die MS Synfonia. Daar het ons ook "footage" geskied wat Kurt gese het sal in die nuwe video "kom bietjie hier" wees. By die huis gekom het ek 'n miljoen mense gese dat hulle moet uitkyk want Kurt het gese ons sal in die dvd wees. Ons was toe nie, nadat ons vir meer as 3 ure die dans, wat ons geleer is, en die lietjie op die dek van die boot gesing het in die hitte van die dag. Nou lyk ek (en baie ander) soos ape en almal dink ons vertel leuns. Ek is een van Kurt se grootste aanhangers, maar nou is ek BITTER, BITTER teleurgesteld.
    KURT HOE KON JY DIT AAN ONS DOEN. SKOKKEND.
  14. Ria Daneel, Nylstroom
    2010/04/04 08:22:39
    MAAK NIE SAAK WAT JOU OUDERDOM IS NIE, AS HIERDIE MUSIEK BEGIN, VEROORSAAK DIT DIESELFDE AKSIE AS GOING BACK WEST VAN BONEY M DESTYDS. AS JY NIE DANS NIE, WIKKEL ENIGIETS ANDER SOOS VOETE EN BOLYF, MAAR SAAM GENIET JY DIT! PRAGTIG KURT WAG AL LANKAL VIR KOM BIETJIE HIER SE VIDEO!
  15. mary
    2010/04/04 12:11:23
    ni my gunsteling nie......
  16. Magdel
    2010/04/03 04:12:50 nm
    Ek hou van die ritme, woorde en algehele beeld wat jy uitstraat. Hou so aan.
  17. Elsa
    2010/04/02 01:34:41 nm
    Dit is 'n baie nice video en song, nes al jou ander werk. Hoop ons kan jou sommer nog baie lank hoor.
  18. Nicolene
    2010/04/02 11:09:42
    Dis regtig 'n bakgat video, dis die beste video nog ooit van jou!! Hou so aan jy maak ons trots Afrikaans!
  19. corne
    2010/04/01 01:37:58 nm
    ek is mal oor die likie sal di oor en oos luister
  20. Kobus Smit - Upington
    2010/04/01 11:59:23
    Dit is baie mooi met asemrowende natuurtonele.
  21. Susan
    2010/03/31 03:41:23 nm
    WOW!!!!!!!!!!!!!!!! KURT. DIT IS REGTIG BAIE MOOI. BAIE DANKIE VIR 'N PUIK VIDEO.
    WANNEER KAN ONS DIT OP 'N DVD VERWAG. HOU SO AAN. HOU AAN OM JOU
    GOD GEGEWE TALENTE TE GEBRUIK.

  22. Yolanda Seymour
    2010/03/31 03:22:16 nm
    STUNNING STUNNING STUNNING!!!!!!!
  23. Mags
    2010/03/31 02:43:41 nm
    Stunning stunning stunning.....
  24. Heilla Heydenrych
    2010/03/31 02:06:32 nm
    Stunning!
  25. Annette Cornelius
    2010/03/31 01:39:50 nm
    Dankie Kurt, dit is een van jou beste videos nog.
    Ek geniet al jou harde werk en SA is trots op jou
    Doen so voort, Mwah
  26. Annet Cornelius
    2010/03/31 01:38:15 nm
    Dankie Kurt, dit is een van jou bestes, het dit baie geniet
    JY MAG MAAR!!! Mwah
  27. Mc
    2010/03/31 01:35:31 nm
    Kurt jy bly die beste!!!!!!!! Hou aan gat skop
  28. Hannelie Annandale
    2010/03/31 01:33:58 nm
    Jy mag maar sing Kurt. Kyk elke Sondagaand Jukebox. Uitstekend hou so aan!!!
  29. Lizane Oosthuizen
    2010/03/31 01:23:23 nm
    Sjoe, baie mooi video! Hier was omtrent 'n gedans in die huis saam met die video! Pragtig!!!
  30. Elize Fourie
    2010/03/31 12:18:17 nm
    Dankie Kurt. dit is pragtig. Ons is trots op jou werk.
  31. Annetjie
    2010/03/31 12:09:34 nm
    Kurt jy KAN maar hoor!!!! UITSTEKEND.......FANTASTIES...............Blixem dis nice!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!