Juanita du Plessis - Engel Van My Hart voorskou

Opgelaai deur Huisgenoot
18732 keer gekyk

Voorskou van Juanita du Plessis se nuwe musiekvideo, Engel Van My Hart.

E-pos
Print

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (76)


  1. Ilze
    2011/04/08 04:49:59 nm
    Mag ek dalk vra wanneer kom jou nuutste CD uit, sover het ons al jou CD gekoop. Ons familie is mal oor jou liedjies. Hou so aan!!!! Kan nie wag om jou weer in Richardsbaai te sien nie.
  2. anette
    2011/03/04 11:58:40
    JUANITA DU PLESSIS IS EN BLY ABSOLUUT FANTASTIES. HOU SO AAN
  3. Sonja
    2011/02/23 03:32:41 nm
    Jaunita , is een van die grootste vroue van huisgenoot wat sover gekom het om haar in God se genade tot liedere van genesing te bring jonk en oud se lewens . Sy is vir baie mense n groot rolmodel in ons Siud Afrikaanse land .Ek en my suster Amanda Minnie gaan Vrydag aan die 25 Februarie 2011 by die Boardwalk in Port -Elizabeth vir Jaunita du Plessis kyk . Ek wil aan die Huisgenoot se Juanita Du Plessis verdien die goue toekening van Huisgenoot . van Sonja van der Merwe . Despatch . DANKIE JUANITA -OM GOD SE NAAM HOOG TE HOU . BAIE DANKIE
  4. Yvonne
    2011/01/26 10:31:24 nm
    Juanita jy is fantasties ek voel regtig jammer vir enige persoon wat iets negatiefs oor jou sê
    Ek luister graag na jou jy word net al hoe beter, jy rock
  5. annie
    2010/11/11 09:13:54
    ja rene sy is nie GOD NIE , maar ek EER GOD vir so talent wat sy gebruik tot eer van HOM en as jy niks goed kan se van iemand nie bly dan eerder stil
  6. Louis Botha
    2010/11/10 04:11:04 nm
    Juanita jy is die beste ! Jy is n kind van die HERE , daar is baie mense wat jaloers op jou is. Ek is baie trots op jou.Jy is vir my n anker in die lewe met jou musiek en lewens wyse. Doepie jy het n wonderlike vrou. Hou aan om die goeie werk wat jy doen voort te sit. .
  7. Alta
    2010/11/05 11:39:58
    Juanita het 'n gawe van God ontvang en soos Hy dit sou wou gehad het, gebruik sy dit tot Sy Naam en haar en gesin se voordeel. Ek dink wanneer ons so gou is om kommetaar te lewer vergeet ons so bietjie van " soek eers die balk in jou eie oog voordat jy die splinter in 'n ander se oog soek"
    Ons almal wil graag of nie so graag onsself Christene of gelowiges noem maar besef nie hoeveel of hoe groot die betekenis daarvan is nie.
    Liefde aan almal wat glo in en aan God. Mag Hy julle seèn vandag en elke dag.
  8. Herrie
    2010/11/05 09:06:56
    Nicci...jy het jou mening uitgespreek soos jy toegee en dit is jou reg maar jy veroordeel so baie mense met dit wat jy kwytraak! Dan haal jy die volgende op " Lees Dr. Isak Burger se boeke oor 5 min na die dood vir meer inligting oor die dood en wat word van jou."
    Nou sê jy vir my is Dr. Burger se boekie feitlik korrek of bloot hipotese of is dit bloot n versinsel? Kan jy seker wees dit wat die goeie dokter skryf jou so kan verander dat jy enige iets anders as snert afmaak? Versigtig asb. want jy mag dalk net as jy ouer word, n "reality check" moet doen.
  9. Charlotte
    2010/10/26 08:31:49
    Juanita = stunning!

    Ten spyte van die roem bly Juanita altyd nederig, daarby is sy's nie skaam om haar Christsenskap uit te leef nie en daarom seën die Here haar!

    Dankie dat jy so 'n goeie voorbeeld vir my tiener kinders is, ons luister graag na jou musiek!




  10. angelene
    2010/10/20 01:21:39 nm
    Juanita, ek geniet jou musiek vreeslik. Inspireerend dis absoluut jy,
    veral met jou cd van vlieg hoog. Ek voel hoe die heilige gees met my werk as ek na dit luister.
    Jy is amazing deur en deur. Dankie vir jou musiek.
  11. Martyn
    2010/10/13 05:45:52 nm
    Nicci jy is nie `n Christen is nie, maar `n kind van God? Juanita se Engel van haar
    hart is haar man
  12. Rene Kruger
    2010/10/04 11:59:35
    Ek het so pas vir die eerste keer Engel van my hart gehoor. Haar skerp en irriterend stem op die ore. Agge nee, dankie. Al die mense wat haar so Idolise. Kry n lewe van jou eie man. Sy is nie God nie.
  13. Maricha
    2010/09/28 01:58:53 nm
    Ek wil net vir Heleen se niemand hoef in die kerk te weees om die Here te dien.Jaunita,jy is sowaar n inspirasie vir my!HOU AAN OM TE DOEN WAT JY DOEN!
  14. Maricha
    2010/09/28 01:39:00 nm
    Hi Juanita.Jy is stunning!Ek luister graag na jou musiek.Hou so aan Jy is die beste
  15. Cecilia Booysen
    2010/09/25 05:43:57 nm
    As Jesus nou hier in ons midde gestaan het, sou Hy verseker gese het: Vrede, Genade op genade ons is nie meer onder die wet nie. Jesus se kerk was ooral. Almal doen wat hy/sy kan na hul beste het iemand anders van almal wat nou hulle eier le iets gedoen om God te eer? Of breek julle net af? Geseend is julle.
  16. alexander datema
    2010/09/13 09:07:18 nm
    hallo allemaal wij hier in nederland zijn ook dol op jouw muziek we kunnen alleen nergens cd of dvd kopen
  17. valery jacobs
    2010/08/16 09:04:32 nm
    Fantasties
  18. Wanda
    2010/07/29 07:03:10 nm
    Ek moet eerlik se JUANITA ROCK!!!!!!! Sy is een van min sangers wat so 'n WONDERLIKE VOORBEELD van 'n Christen is. Sy is ABSOLUUT UITSTEKEND!!!!!!!!!!!!!!!!! Sy mag maar sing. Die mense wat haar afkraak weet nie waarvan hulle praat nie..... dalk jaloers omdat jy nie so goeie voorbeeld al ooit gesien het wat haar Christenskap so uitleef soos sy nie. By konserte is sy nie skaam om haar Christenskap uit te leef nie en met almal te deel nie. Ek dink die verhouding met haar gesin is stunning.
    Junanita - hou aan!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! JY ROCK!!!!!!!!!!!!!!!!
  19. Trudie
    2010/07/29 06:18:14 nm
    Ag Nicci, jy is so droog met jou opinie. Ek is 'n ouma van die skattigste kleinkind, ek vertel haar elke dag sy is die engel van my hart, nou WAT is verkeerd daarmee. Ag nee wat, mens moet tog nie altyd so presies alles wil "verklaar en veroordeel" nie. Ek het onsettend respek vir Juanita. Sy gee altyd haar eer aan God wat haar die gawe gegee het om te sing. Sy is 'n wonderlike mens, self met haar gepraat. As almal tog maar net so plat op die aarde soos sy sal wees. Hou aan Juanita, jy is ons Afrikaners se trots!
  20. Anita
    2010/07/28 01:56:29 nm
    Inspirasie vir die nasie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  21. Marie
    2010/07/26 08:02:22 nm
    Juanita kan maar sing wat sy wil Engels of Afrikaans, sy sing altyd met gevoel en sy bly 'n wonderlike voorbeeld vir ons Suid Afrikaners. Altyd op haar plek. Mense ek is mal oor haar
  22. Babs
    2010/07/26 04:07:48 nm
    Dit is pragtig Jy het nie een cd wat vir my lelik is nie almal is puik Jy nis n ster duisend
  23. Matt
    2010/07/23 10:09:51
    @ Vlooi poplap. Ek gaan regtig nie betrokke raak in n bekgeveg met jou nie. Lewe jy maar rustig voort in jou fantasie wereld waar jy mense aanhang en "idolize". Ek weet wie ek is en het nie nodig om my self te verpersoonlik in iemand bekend wat in elk geval nie 'n bloue duit omgee vir jou as persoon nie.
  24. Vlooi
    2010/07/22 01:59:07 nm
    Matt, as jy nog nooit in jou lewe iemand ge-"idolize" het nie, is JY die een wat moet grootword
  25. Matt
    2010/07/21 03:16:21 nm
    Ek lees die kommentaar en moet maar net my kop skud vir sommige mense. Die wat hul groot liefde en bewondering besing vir die sangeres en dan die wat hul eerlike opinie uitspreek en dan gestenig word deur die meelopers. Word tog groot en sien die realiteit van die lewe raak. Dink julle regtig sangers en sangeresse gee 'n bloue duit om vir jou. Solank julle hul cd's koop is hulle gelukkig en voel hul vere vir jou.
  26. Anita
    2010/07/21 12:54:13 nm
    Hannelie Opperman. Ek is inderdaad baie trots op jou. Moenie moed verloor nie. E-mail my asb. Jy het dalk net 'n oor nodig. BothaA@sapo.co.za. Juanita is inderdaad die beste musiek om na te luister as mens leeg getap voel.
  27. Hannelie Opperman
    2010/07/15 05:10:12 nm
    Julle kan sê net wat julle wil. Ek weet God gebruik Juanite op 'n wonderlike wyse. Haar musiek het my deurgetrek toe ek wou selfmoord pleeg. God het deur haar met my gepraat. En net so terloops Juanita is regtig een van daai min kunstenaars wat NIE grootkop gekry het nie. Sy is 'n wonderlike mens, ontmoet haar en sien vir jouself.
  28. Anita
    2010/07/07 01:42:12 nm
    Roelien - jy kan ingaan op www.youtube.com. Ek het sommer die cd gekoop by Juanita se vertoning by Menlyn Barnyard. Dis maar die beste om dit te koop. Beslis nie mors van geld nie.
  29. Roelien
    2010/07/06 09:03:27
    Hoe kan ek dit luister???
  30. Jennifer Pypers
    2010/07/01 08:31:41 nm
    Jy is my gunsteling en kry my stem al die pad. Jy is so mooi mensie en kruip sommer vinnig in 'n mens se hart en 'n mens kry jou nooit weer daar uit nie. Ek is so trots op jou en kan nie wag vir jou nuwe Gospel CD nie. Jou eerste Gospel Cd dra my deur elke dag en ek weet dat jou nuwe cd die beste verkope gaan wees
    ooit. Ons is lief vir jou en jy sal altyd ons liefling sanger bly. Baie liefies en ek weet jy gaan wen jy is die beste. Liefies Jenny xxx
  31. Erina De Villiers
    2010/07/01 04:45:05 nm
    Hi Juanita,Ek is mal oor jou musiek,Jy is ongelooflikke mens jy het 'n baie goeie hart,Ek hoop ek kan jou weer gou sien,Ek glo jy gaan nog baie ver kom,Jy is die Here se kind,Hy sal jou pad vir jou lei
  32. annetjie
    2010/06/28 11:30:35
    halo Juanita
    ek is 'n groot "fan" van jou, mal oor jou Christelike musiek. Dit werk so aan 'n mens en jy sing met gevoel.
    Wanneer kom julle 'n bietjie Zeerust toe in Noord Wes sal jou graag wil ontmoet en hoor sing in lewende lywe.
    Baie Dankie vir die inspirasie wat jy vir almal bied.
    Jy is tops
    Annetjie Zeerust
  33. Essie Welman
    2010/06/24 05:03:21 nm
    Juanita,Ek en my man hou van jou musiek.Hou so aan.
  34. Anita
    2010/06/22 09:39:50
    Heleen, Juanita kom nie in 'n kerk nie, want mense staar haar aan en dan het sy in elk geval nie privaat tyd saam God nie. Selfs daardie stukkie privaatheid van haar word binne gedring. Ek glo weer haar dankbaarheid teenoor die Here word duidelik weergegee deur haar gospel musiek.

    Hoekom moet julle negatiewe mense ander mense so afkraak en altyd die negatiewe in ander mense se doen en late raaksien? Dan noem julle julself kinders van God.
  35. Anita Botha
    2010/06/22 09:01:41
    Karla - as mense naam maak deur hulle musiek, glo ek dis 'n groot voorreg om te KAN sing. Kan jy dieselfde sê? En nee, Juanita se kop swel nie, sy is stewig plat op die aarde, 'n down-to-earth mens. Het jy al die voorreg gehad om met haar te gesels? Ek glo nie.........Sy maak tyd om met mense te gesels na elke vertoning van haar, al is sy ook hoe moeg. Daar is altyd 'n glimlag op haar gesig, want sy geniet wat sy doen en vir elke mens met wie sy praat, het sy 'n woordjie van dankbaarheid.
  36. Anita
    2010/06/22 08:50:13
    JUANITA - JY BLY DIE BESTE
  37. Anita
    2010/06/22 08:44:13
    Nicci - teologie is nie vir jou. nie Wees realisties. Sit agteroor en luister na haar musiek. Al ooit gehoor van BY WYSE VAN SPRAKE. Haar musiek praat met elke mens. LUISTER DAARNA, moenie dit probeer ontleed nie, want ek sien jy sukkel so bietjie
    Elize W - Hoekom luister jy dan na Juanita? Kan jy sing?
    Jan - Aangesien jy nou 'n liedjieskrywer van formaat is, hoekom skryf jy nie vir Juanita 'n liedjie nie

    Julle drie is net suur, want julle waardeer nie die mooi in die lewe nie. Haal die skille van julle oë af en haal die pluisies uit julle ore. Slegs dan sal julle wakker word en puik musiek waardeer

    JUANITA - Ek het 29 vertonings van jou al bygewoon en jy raak net elke keer beter. Jou nuwe cd het sommer platinum status bereik net met winkelbestellings alleen. Dit wil gedoen wees.
  38. Nicci
    2010/06/02 10:34:08
    Ek waardeer die terugvoering op my opmerking. Ek wil verskoning vra as ek enige een te na gekom het. Ek het geensins vir Juanita du Plessis of haar musiek veroordeel nie, maar slegs my mening uitgespreek oor hoe ek voel oor die feit dat daar gedurig wanvoorstellings oor Engele gemaak word. Dit is vir my heel duidelik dat mens maar jou opinie vir jouself moet hou.
  39. Basson
    2010/06/01 09:26:04
    JUANITA SE NUWE CD IS PUIK!
    Na 'n week se luister na Juanita se nuwe CD word dit steeds net lekkerder! As jy na bekende sokkie-ritmes en die gewone resep-liedjies soek sal jy hulle nie hier kry nie! Daar's iets vir almal, van diep ondersoekende lirieke vir die kruispaaie van jou lewe, lekker liefdesliedjies met 'n kinkel in die stert en stuitige pretliedjies wat in jou kop bly vassteek. Al die musiek en lirieke is oorspronklik, meeste deur Juanita self geskryf. Die opnames en produksie is skitterend deur Juanita self gedoen in haar eie ateljee (slim meisie dié), bygestaan deur Hanalie Burger en Rudi Claase. Top musikante soos Jaconell Mouton, Denny Lalouette, Deon van der Merwe, Mauritz Lotz, Lizelle le Roux, Evert van Niekerk en Floors Oosthuizen maak die album besonders. Wit Vlag en Engel van my hart is sekerlik treffers, maar vir elkeen sal daar spesiale liedjies op die album wees wat met tyd in jou hart gaan lê. En maak seker jy koop die oorspronklike CD wat van volgende week in die winkels sal wees, want Clinton Lubbe se pragfoto's wys die lieflike Juanita soos jy haar nog nie gesien het nie! Hou die een dop, hy gaan groot wees!

  40. 2010/05/31 09:46:26 nm
    Juanita se nuwe CD is regtig spesiaal, ons het die voorreg gehad om die heel eerste CD's te kon koop! Die musiek is totaal vernuwend en soos gewoonlik is daar iets vir almal op die dubbel album wat sy self opgeneem, verwerk en uitgegee het. Vergeet van al die bitterbekke, ons weet Juanita is 'n pragtige plat-op-die-aarde mens wat die besluit geneem het om buitengewone dinge in duisendes se harte te doen.
    En Nicci, as jy klaar gestudeer het, moet net nie jou geloof 'kommersialiseer' (hoop hulle leer jou spel, Nicci!) deur jouself te verryk in die bediening deur 'n salaris te verwag nie! Duidelik word julle geleer om mense te verdeel en te veroordeel met die letter van die woord, ons geloof in Jesus Christus wat Juanita so mooi met haar musiek uitleef bring ons almal saam in liefde! Doen so voort Juanita, ons is die wind onder jou vlerke!
  41. Magda
    2010/05/31 02:17:57 nm
    Ons almal is individue met ons eie opinie (korrek), maar kry mense nie skaam om iemand anders sommer so sleg te se nie? Ja daar is baie BAIE Suid Afrikaanse musiek wat ek glad nie van hou nie, maar wie is ek? Daar is wel ANDER mense wat daarvan hou. Ons is almal mense, kom ons hou "slegte kommentaar" eerder vir ons self. Juanita, jy's pragtig en sing fantasties. Vir alle ander Afrikaanse musikante wat ek NIE van hou nie, ek hou dit maar vir myself, en raai wat, ek kry nie nagmerries daaroor nie!
  42. Ferika Bronkhorst
    2010/05/31 08:22:14
    Hou so aan! Jy's amazing!
  43. elize w
    2010/05/30 09:23:26 nm
    Het nog nooit van haar sang gehou nie - sy kan NIE SING nie. Sy na-aap Shania Twain met n snik op die einde !
  44. Danie
    2010/05/30 02:31:23 nm
    Nicci, asseblief moenie die splinter in 'n ander se oog sien, maar die balk in jou eie oog sien jy nie. As jy die waarheid omtrent die dood wil weet, gaan na die volgende webwerf www.Truth About Death.com ; www.helltruth.com ; bibleprophecytruth.com. Nie jy, nie ek, niemand sal Juanita uit die hand van Koning Jesus uitruk nie. Koning Jesus sal Juanita deur Sy Heilige Gees lei tot die waarheid op die regte tyd. Juanita, ek wag inspanning vir jou volgende CD. Mag Jesus Christus jou en jou familie oorvloedig seën.
  45. Bitterbal Namibia
    2010/05/30 01:06:45 nm
    Ek ken hierdie vrou van haar skooldogter-ldae, netbaldae af....Wonderlike mens met n mooi hart. Plat op die aarde soos sy al die jare was. n Ware voorbeeld vir ons jong meisies...Gryp dit aan meisies !!
  46. christo
    2010/05/30 08:24:03
    Hemel Mense (Nicci Karla) lyk my julle ly aan wat mens JALOESIE .EN IS DISLEKSIES want as julle nie besef die engel wat sy van sing is haar man nie moet julle asb julle geld terug eis by wattter skool julle ook al was want hulle het definitief gefaal met julle onderrig
  47. Jan
    2010/05/30 08:06:39
    Ag Juanita hou asb op sing! Of vra die mense van Die Antwoord om vir jou 'n liedjie te skryf.
  48. oudste
    2010/05/29 01:34:43 nm
    juanita jy is maar net die beste en nog beter, jy is n SUID WESTER. Hou so aan
  49. Anja Agenbag
    2010/05/29 12:23:51 nm
    Engel van my hart is weereens 'n treffer!! Kan nie wag vir CD. Sy is 'n ware ster en 'n pragtige mens met 'n sprankelende persoolikheid. Hou so aan.
  50. Erna
    2010/05/29 08:42:26
    Ai Nicci, ek is opreg jammer vir jou - jy is so arm van gees ................ as jy nie iets positiefs en opbouends kan sê nie, los dan maar liewer.
  51. Elra Krog
    2010/05/28 03:46:07 nm
    Karla: Ek het sommer toevallig een aand omdat daar 'n ekstra kaartjie was na Juanita se shows in Sandbaai, Hermanus gaan kyk. Ek was stomgeslaan. Ek was gladnie 'n fan nie, en nou 'n groot een. Die vrou is plat op die aarde, nederig en regtig een van ons. Sy is 'n pragtige mens. Dink mooi voor jy sulke aantuigens maak. Het jy haar al ontmoet dat jy so iets kan sê???
    Juanita jy het regtig my daai aand 'n groot fan van jou gemaak. Ek koop van nou af elke CD van jou.
  52. Jackie Swart
    2010/05/28 03:30:45 nm
    Hi Juanita jy is die beste afrikaanse sangeres in die hele Wereld
    Jy moet 'n show by Presleys in Boksburg he.

    Groete

    En mag jy geseen word in alles wat jy doen
  53. Vic
    2010/05/28 01:22:53 nm
    Jy is altyd 'n wenner! Pragtig om na te kyk en pragtig om na te luister!
  54. Elma
    2010/05/28 11:50:56
    Jy is pragtig! Sing pragtig! Sal jou video koop.
  55. Lana
    2010/05/28 11:05:26
    Pragtig, geniet al haar musiek. Sy is ñ mooi mens, innerlik en uiterlik.
  56. Nicci
    2010/05/28 10:48:40
    @ russo Ja ek is nie 'n christen nie, maar kind van God. Ek is 'n teologiese student en dit steek my dwars in die krop dat daar gedurig wan persepsies gestel word oor "engele" en die dood. Engele is God se Skepsels wat in daar is vir God se kinders, maar hulle word voorgestel as klein goedjies met 'n pyl en boog ens ens. Hulle is magtige wesens (lw nie almagtig nie). So ook sangers en sangeresse wat Gospel musiek gebruik om hulself te verryk. Ek het niks teen Juanita du Plessis as persoon nie. Sy is 'n mooi vrou en sing mooi. Maar dit gaan daaroor dat engele gekomissialiseer word. Lees Dr. Isak Burger se boeke oor 5 min na die dood vir meer inligting oor die dood en wat word van jou.
  57. Helen
    2010/05/28 09:03:00
    Ons was bevoorreg om die eerste gehoor te gewees het om die video in sy vollengte te gesien het. WOW, dit is rerig mooi. Dit beskryf so mooi liefde tussen man en vrou! En in vandag se lewe om nie 'n "engel in jou hart" te he nie, beskryf hoekom daar so baie egskeidings is. Dankie Juanita jys 'n ware vrou en superster! NO MATTER WHAT!
  58. Irene
    2010/05/28 07:33:33
    Nicci, jy is nou plain common. Juanita jou musiek is pragtig en glo my daar is nou nie een liedjie wat verveeld is nie.
  59. russo
    2010/05/28 06:21:15
    nicci! wie is jy om iemand te oordeel, wees bly sy sing nog gospel en nie die gemors waar seksualitiet voorkom,jy is seker nie n christen nie? gebruik jou verbeelding vir n slag
  60. Karla
    2010/05/27 04:17:50 nm
    Net jammer as hierdie mense groot naam maak dan swel hulle koppe ook.
  61. Heleen
    2010/05/27 03:18:19 nm
    @Nicci: Dit is juis die rede waarom ek nie gospel musiek luister nie. Wie sê mense gaan hemel toe as hulle sterf, wat van die opstanding dan? Te veel vrae te min antwoorde. En sê nou die lering dat mense hemel toe gaan as hulle sterf is vals??? Hoeveel mense glo agv liedere soos "Ek is nou in die hemel", dalk aan 'n valse leerstelling?

    Ek het persoonlik niks teen Juanita se musiek nie, maar ek dink nie mense wat gospel musiek sing moet sulke verklarings maak en mense sodoene op 'n dwaalspoor bring nie.

    Juanita het ook eenkeer gesê sy kom nie baie in ' n kerk nie uit die aard van haar werk. Haar kerk is in haar hart. Wel, wel, die Bybel sê ons moenie ons onderlinge byeenkoms versuim soos sommige die gewoonte het nie. En sy sing gospel?!
  62. Helen
    2010/05/27 02:22:53 nm
    Ons het gisteraand die hele video gesien, dit is sowaar stunning net soos Juanita!
  63. Yvonne
    2010/05/27 02:18:05 nm
    HIERDIE VROU MAG MAAR. DIT MAAK NIE SAAK WAT SY SING NIE, DIT IS ALTYD 'N WENNER EN FABULOUS OM NA HAAR TE LUISTER. U GO GIRL!!!!!
  64. joey
    2010/05/27 01:44:12 nm
    Pragtig. Ek geniet al jou musiek en dit is 'n fees om na te luister
  65. Liz-Ann Maritz
    2010/05/27 12:28:57 nm
    Ek's mal oor al jou musiek,jy sing wonderlik..Jy lyk ook fantasties hou so aan jy gee baie jong mense hoop vir die toekoms!!!!!
  66. Nicci
    2010/05/27 12:07:25 nm
    En dit is die sangeres wat duisende gospel CD's verkoop het. Engele kan nooit met mense vergelyk word nie. Kry tog julle prioriteite reg. Een van haar liedjies waar sy sing " Ek is nou in die hemel
    En my hart is daar by jou. Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou" Reality check. Siestog in watter fabel het jy gelees dat jy 'n engeltjie word as jy doodgaan en nou weer hierdie Cd "Engel van my hart" Hou op om God se Skepsel se name te gebruik ens
  67. Annette Knoetze
    2010/05/27 11:29:35
    Ongelooflik. Die standard is besonders hoog en ek kan nie wag om die CD in my hande vas te hou nie. Dit maak die lang wag die moeite werd. Dis beslis weer 'n no 1 treffer en trippel Platinum CD.
  68. DONALD BURNS
    2010/05/27 10:59:15
    ONS BESTE PRODUK, EN WAT N VOORLOPER VIR GOD.JY INSPIREER JUANITA
  69. Eljo
    2010/05/27 10:07:05
    Pragtig!!! Kan nie wag vir die cd nie!! Jys 'n pragtige mens en dankie dat jy jou talente so gebruik, ons is gek oor jou. Ons African Grey is vernoem na jou man, Doepie!!
  70. Leonora
    2010/05/27 09:36:16
    Soos gewoonlik.....is jou standaard net elke keer hoër! Dis baie mooi.
  71. Therese Bester
    2010/05/26 09:06:44 nm
    Dit is sowaar jou beste lied ooit!!!! Elke lied wat jy sing beteken iets spesiaals vir my in my lewe. Gaan vir platinum!!!
  72. Thérèse Bester
    2010/05/26 09:04:49 nm
    Engel van my hart is die beste lied ooit!!! Ek luister graag na al jou musiek, jy is sowaar 'n inspirasie vir my!!!
  73. Nico van der Merwe
    2010/05/26 07:38:21 nm
    Lyk soos 'n fantastiese musiekvideo and sal dit graag volledig wil sien ^_^ pragtige titel en die liedjie self klink baie baie mooi van Juanita :)

    http://www.facebook.com/afrikaans
  74. Gisela Roux
    2010/05/26 03:53:14 nm
    ongelooflik mooi, jou werk raak net al hoe beter en ek kry elke keer hoendervleis as jy sulke diep liedjies sing.....go girl!!!!