Wen ’n jagnaweek by die luukse Ikhwezi-lodge!

PROMOSIE

Die Ikhwezi Game Lodge is ’n luukse wegbreekplek naby die Krugerwildtuin.

a4

Ongeveer 35 km anderkant Nelspruit op die N4 op pad na Komatipoort en Malelane draai ’n mens regs op die R38 tot jy die lodge se ingang aan die linkerkant sien.

Hierdie vierster-lodge is tussen prentjiemooi berge ’n hanetree van die Krugerwildtuin op ongerepte grond van 600 ha. Hul strewe is om besoekers ’n unieke Afrika-ondervinding te gee wat alles bied, van jagtogte tot troues.

By die Ikhwezi Game Lodge kan jy ’n outentieke, inspirerende Afrika-avontuur in die hartjie van die Mpumalanga-Bosveld beleef.

a2

WEN!

Twee gelukkige lesers kan elk ’n jagnaweek by die lodge wen!

Die kompetisie word aangebied as fondsinsameling vir die Ned. Herv. Kerk te Sannieshof in Noord-Wes en Ikhwezi Game Lodge borg die prys.

EERSTE PRYS:

Die eerste prys is byna R30 000 werd en sluit in ’n koedoekoei, blouwildebeesbul, rooibokram en vlakvark, asook verblyf vir jou en sewe vriende of familielede van Donderdag 27 April tot Sondag 30 April.

TWEEDE PRYS:

Die tweede prys is R23 100 werd en sluit in ’n blouwildebeeskoei en ’n rooibokram, asook verblyf vir jou en sewe vriende of familielede van Donderdag 27 April tot Sondag 30 April.

Albei pryse sluit in gratis hout, ys, slag, jagvoertuig en PH-fooie.

Hoe om in te skryf:

Die koste per inskrywing beloop R100 en is alles ten bate van die Ned. Herv. Kerk te Sannieshof. Betalings kan per elektroniese oordrag gedoen word na die volgende bankrekening:

Bank: ABSA
Rekeningnaam: Ned. Herv. Kerk Sannieshof
Tipe rekening: Tjek
Rekening no: 2190 580 027
Verwysing: Naam en van

Stuur bewys van betaling, met jou kontakbesonderhede, na 2017ekjagbetaling@gmail.com. Nadat bewys van betaling ontvang is, sal jy per e-pos ’n kompetisienommer ontvang.

Vul die onderstaande vorm in met jou kompetisienommer teen 12:00 op 22 Maart 2017 om in aanmerking te kom vir een van die pryse.

Let wel:

  • Die wenners kan nie die prys omruil vir kontant nie.
  • Vervoer na en van die lodge is vir die wenner en hul geselskap se eie rekening.
  • Die verblyf is selfsorg en alle eet- en drinkgoed is vir die wenner en sy/haar geselskap se eie rekening.
  • Persone sonder enige jagervaring sal die nodige leiding en toesig ontvang.
  • Meer as een persoon in die wenner se geselskap mag aan die jag deelneem, afhangende van plek.