Tiener loop toevallig haar dubbelganger raak – nou’s daar sommer meer as een!

Het jy al ooit iemand raakgeloop wat nes jy lyk?

Dis nie iets wat gereeld gebeur nie; wanneer dit die slag gebeur, moet jy ’n foto neem as bewys. En dis presies wat hierdie tiener gedoen het. Toe Santana Marie van San Diego in Kalifornië ’n foto van haar en haar dubbelganger deel, het nóg mense na vore gekom wat soos Santana lyk!

A photo posted by Santana Marie (@santanaa_g) on

Santana kon dit skaar glo toe sy in September verlede jaar haar ewebeeld in ’n winkelsentrum raakloop. Sy het  en onmiddellik ’n foto van hulle op Twitter gedeel.

 

“Ek het nou net my presiese dubbelganger gevind,” skryf die 17-jarige Santana by die foto.

Lees ook: Ons het Suid-Afrika se Heidi- opgespoor!

Die foto het vinnig versprei en is al meer as 24 000 keer gedeel en 41 000 mense hou daarvan.

Toe nog mense foto’s van nóg dubbelgangers van Santana stuur, het Santana gou besef daar is sommer baie meisies wat nes sy lyk.

 

Ander mense het sommer ’n collage gemaak.

 

Sommige meen Santana het net miskien een van dáái gesigte?

Bronne: mirror.co.uk, eveyo.com, particlenews.com