Wonderlike nuus vir Suzelle DIY!

Suzelle DIY is omtrent ’n groot-gunsteling op YouTube! Dié internetsensasie het by vanjaar se eerste YouTube prysaand vir skeppers in Afrika suid van die Sahara as die wenner in die kategorie mense en hul blogs weggestap.


A photo posted by Suzelle DIY (@suzellediy) on

Suzelle DIY is bekend vir haar eksentrieke, maar skreeusnaakse video’s met maklike leefstylwenke.


A photo posted by Suzelle DIY (@suzellediy) on

Die YouTube-kanaal Six Pack Factory, ook van Suid-Afrika, het in die fiksheid-kategorie geseëvier.

YouTube se uitvoerende hoof, Susan Wojcicki, sê dié toekennings is Google se manier om kreatiwiteit hier in Afrika te vier.

Kyk ook: So maak jy ‘n tuinswaai net soos Suzelle DIY

Die benoemdes vir dié spoggerige pryse word gekies volgens die aantal volgelinge wat hulle het. Elkeen moet ten minste 50 000 volgelinge hê en natuurlik in een van die agt lande suid van die Sahara woon.

YouTube raak al hoe meer gewild onder jongmense. “Skeppers regoor Afrika gebruik YouTube om hul stem en aanklank met gehore regoor die wêreld te vind asook kanale te bou terwyl hulle ’n inkomste daaruit verdien,” verduidelik Teju Ajani van YouTube.

Ons is voorwaar trots, Suzelle DIY!
 


 
Bronne: answersafrica.com, channel24.co.za