Leon Schuster is wát? Stories oor sy dood is bog, sê hy: Ek’s ’n kat met 9 lewens – 3 is oor!
Hy was geskok toe bekommerde geliefdes hom bel met die nuus dat hy glo dood is, sê die grapmaker Leon Schuster (73). Maar dis sommer bog – hy is g’n dood nie en het ook geen planne om binnekort die hiernamaals te betree nie, sê hy.