Ses sterf, 28 beseer tydens fratsongeluk by vlootbasis in Durban

Saamgestelde foto: Facebook, googlemaps.com

Saamgestelde foto: Facebook, googlemaps.com



Ses mans is Vrydag dood en verskeie ander beseer in ’n fratsongeluk by die vlootbasis in Bayheadweg in die Durbanse hawe, het paramedici gesê.

Luidens berigte is drie van die oorledenes vlootpersoneel en die ander drie burgerlikes.

Reddingspanne was op die toneel naby ’n rioolput en het die liggame van ses mans opgespoor, het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ’n verklaring gesê. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Garrith Jamieson van Rescue Care het bevestig daar was die een of ander lekkasie. In hierdie stadium word vermoed dit was ’n gaslekkasie.

Die beseerdes is op die toneel behandel en daarna na hospitale in die gebied geneem.

Plaaslike owerhede is op die toneel vir verdere ondersoeke.

Bron: News24