Ruiker wat in Durban afgelewer word ontplof – 3 gesinslede kritiek in hospitaal

Foto: Twitter

Foto: Twitter



Drie gesinslede is kritiek beseer toe ’n pakkie wat Vrydag by hul huis in Stephen Dlamini-straat, Berea (Durban) afgelewer is, ontplof het. Nog twee mense het geringer beserings opgedoen.

Die pakkie, wat ook blomme bevat het, het ontplof toe dit in die huis oopgemaak is.

Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het gesê die gesin het in hul huis in die gesogte woonbuurt gesit toe hulle ’n pakkie ontvang het. Hulle het die pakkie probeer oopmaak, maar dit het ontplof.


Saleem Khan het met sy seun, sy ma en sy skoondogter na die hospitaal gejaag vir mediese behandeling. Hy self moes ook mediese aandag geniet.


Die plofstofdeskundiges en Berea-polisielede is nog op die toneel.

Bronne: news24.com, iol.com, radioislam.com