Reuse-dwelmvonds in Johannesburgse huis gevind

polisie


’n Man is by sy huis in Germiston, oos van Johannesburg, met dwelms ter waarde van R1,2 miljoen in hegtenis geneem, het die Ekurhuleni-metropolisie Vrydag gesê.

Volgens die woordvoerder, lt.kol. Wilfred Kgasago, is die man Donderdag aangekeer nadat lede van die metropolisie se dwelmeenheid ’n paar weke gelede sekere inligting ontvang het.

Wilfred het gesê die 29-jarige vermeende dwelmhandelaar is elke dag noukeurig dopgehou.

“Die huis in Bailleulstraat in die voorstad Delville is Donderdag omstreeks tienuur bestorm en dwelms ter waarde van ongeveer R1,2 miljoen is ontdek. Die huis behoort aan ’n Nigeriese burger,” het hy gesê.

Polisiebeamptes het 17 pakkies Cat in ’n bababed gevind, en ook ’n bord met crack-kokaïenkristalle in ’n yskas.

Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die Germiston-landdroshof op ’n aanklag van die besit van onwettige middels verskyn.

Bron: News24