Padsterftes oor Paasfees bekend – hoë syfers skok

Foto ter illustrasie. Foto: Pexels

Foto ter illustrasie. Foto: Pexels



Die minister van vervoer, Joe Maswanganyi, het Vrydag bekendgemaak 235 mense is vanjaar oor die Paasvakansie op Suid-Afrikaanse paaie dood.

Hy sê dit is ’n toename van 51 persent op verlede jaar se syfer van 156.

Maswanganyi het die voorlopige statistiek by die GCIS se hoofkantoor in Pretoria bekendgemaak.

Hy het almal by die inligtingsessie gevra om op te staan vir ’n oomblik van stilte vir die mense wat oor die tydperk gesterf het.

Oor die Paasfees val tienduisende Suid-Afrikaners in die pad vir vakansie of godsdienstige pelgrimstogte. Maar die tydperk word gewoonlik deur gru-ongelukke en ’n hoë sterftesyfer gekenmerk.

Bron: News24