Kyk video en foto’s: Betogers saai verwoesting in Noordwes, talle voertuie aan die brand

Lichtenburg in Noordwes is van Vrydagoggend vroeg deur protesoptrede feitlik van omliggende dorpe geïsoleer.

Die R503-roete word die ergste geraak.

Pieter du Preez van Lichtenburg het dié video en foto’s van die skade met Huisgenoot gedeel.

Foto: Pieter du Preez

Foto: Pieter du Preez

Skade is nie net tot vragmotors beperk nie. Ander voertuie het ook deurgeloop.

Foto: Pieter du Preez

Foto: Pieter du Preez

Luidens berigte het van die protesaksie ook tot skade in Zeerust gelei. Hierdie beeldmateriaal is vroeër vandag in die sosiale media gedeel.


Foto: Pieter du Preez

Foto: Pieter du Preez

Vroeër vandag

Reisigers van Johannesburg en Ventersdorp na Lichtenburg word aangeraai om alternatiewe roetes te volg.


Die roetes na Coligny en Sannieshof moet ook vermy word.


Intussen is verskeie vragmotors aan die brand gesteek en met klippe bestook.


Een van die vragmotors wat aan die brand gesteek is, het na bewering lewende hoenders vervoer.


Volgens een van die inwoners van die dorp is ’n koerierdiens se bussie ook flenters gegooi. Van die omliggende plaaspaaie is versper, wat boere verhoed om met bestaande grondpaaie die dorp te bereik.