Ons kry die horries! Vrou maak skok-ontdekking op Kersboom

Die Tierslang wat aan die Kersboom gehang het.

Die Tierslang wat aan die Kersboom gehang het.



Brand af die huis, Kersfees is gekanselleer.

Cheryl van Frankston in Australië was die afgelope naweek aan die ontvangkant van ’n ongewenste Kersboomversiering – ’n dodelike tierslang wat in haar Kersboom gehang het.

Die reptiel, wat glo sowat 91 cm lank is, het homself netjies om die boom gedraai en gelyk soos klatergoud.

Genadiglik het “sy nie paniekbevange geraak nie” skryf Snake Catcher Victoria Australia op Facebook.

“Sy’t net ’n foto geneem en dit na my, die slangvanger, gestuur. En 20 minute later was die klein karnallie in ’n sak.”

”’n Gelukkige en veilige vakansieseisoen vir almal en wees gaaf met slange.”