KYK: Passasiersvliegtuig stort neer – tientalle gevrees dood

’n Supreme Airlines-vliegtuig het Maandag in Wau in die suide van Soedan neergestort. Die aanvanklike vrees was dat minstens 44 mense aan boord gesterf het.

Intussen het een van die plaaslike radiostasies, Eye Radio Juba, aangedui dat nege van die passasiers glo lewendig uit die wrak gered is.

Meer besonderhede oor van waar of waarheen die vliegtuig op pad was, is nog onbekend.


’n Brand het na bewering aan boord van die vliegtuig uitgebreek waarna die vliegtuig by die lughawe neergestort het. Die smeulende wrakstukke kan op die aanloopbaan gesien word.


Bykomende bronne: bbc.com