Die internet het besluit: hier is die gewildste katte en honde in die kuberruim – kyk foto’s

’n Tektoniese verskuiwing het die internet vroeg in Januarie getref toe Google-soektogte na die frase “cute dogs” vir die eerste keer “funny cats” oorskry het. Die BBC voer aan honde het nou oorgeneem as koning van die kuberruim.

Maar is dit reg? En wie is die troeteldiere met dié koninklike status?

Op Instagram is die onbetwiste wenner Nala Cat. Sy het 3,3 miljoen volgelinge – meer as die nuusdienste BBC (3.1 mil.) en CNN (2.8 mil.). Met haar manewales en nuuskierige kyke het dié weeskatjie regoor die wêreld harte gesteel.

You're my sunshine ☀️ www.nalacat.com

A photo posted by nala_cat™ (@nala_cat) on

Maar Nala het ’n paar brakke kort op haar hakke.

Daar is Shinjiro Ono, die hond wat die doge-meme geïnspireer het. Hy is ’n shiba inu wat saam met sy gesin in Japan bly en tans 2,5 miljoen volgelinge op Instagram het.

Nog ’n internetberoemde is die fronsende Doug the Pug, wat met 2,3 miljoen volgelinge spog.

"‪Me when I have the day off‬" -Doug

A photo posted by Doug The Pug (@itsdougthepug) on

En net ’n kortkop agter hom is Marnie The Dog, ’n stokou shih tzu met 2 miljoen volgelinge. Marnie se koddige voorkoms het haar gelief onder bekendes en Jan Alleman gemaak.

Bone apple tea

A video posted by Marnie The Dog (@marniethedog) on

My favorite sport is walking

A photo posted by Marnie The Dog (@marniethedog) on

Die kwaaiste kat op die internet is sonder twyfel Garfi, ’n Persiese kat wat blykbaar van iets onheiligs besete is.

New year, nothing's changed… My #Happy Face.

A photo posted by Garfi – Angry Cat (@meetgarfi) on

No Caption… #trump#donaldtrump#trumpycat#weeklyfluff

A photo posted by Garfi – Angry Cat (@meetgarfi) on

Maar die weg is vir hom gebaan deur die uiters gewilde Grumpy Cat. Dié kat met die suur gesig is so bekend dat sy die eerste kat geword het wat ’n beeld in die wasmuseum Madame Tussauds kry.

A photo posted by Grumpy Cat (@realgrumpycat) on

A photo posted by Grumpy Cat (@realgrumpycat) on

Maar ondanks die veld wat honde op Instagram wen, was die ware tuiste van katte met ongewone maniere nog altyd YouTube, waar video’s van katmalewales steeds miljoene der miljoene kyke kry.

Hier kraai Maru, ’n Scottish fold van Japan, koning. Dié potsierlike karakter se beheptheid met kartondose het vir hom internasionale roem in die sak gebring.

Dalk is dit katte se vreemde vermoë om die verbeelding aan te gryp wat hulle so lank so gewild gemaak het. Vat byvoorbeeld die grommende kat wat klink asof hy die woorde “Oh Long Johnson” sê.

Hoe dit ook al sy, dit is duidelik dat die mensdom se liefde vir troeteldiere nog lank die internet sal regeer.