#HGwenk: Laai feestelike Kersplekmatjies en geskenknaamkaartjies hier af!

kerskaartjeimain


Ons maak dit hierdie jaar maklik vir jou om ’n vrolike, feestelike Kerstafel te versier.

Ons het spesiaal plekmatjies ontwerp wat jy op ’n A3-vel papier kan uitdruk en op jou tafel kan neersit. Dis beskikbaar in rooi, geel en groen, maar selfs al het jy slegs ’n swart-en-wit-drukker sal dit steeds mooi lyk op jou elegante Kerstafel.

Laai Kers-plekmatjies hier af:

Jy hoef ook nie geskenknaamkaartjies te koop nie! Ons het hiervoor ook gesorg. Laai af en druk in kleur (of in swart en wit) uit. Knip en heg of plak maklik aan jou Kersgeskenke.

Laai geskenknaamkaartjies hier af.