Veiligheid by die huis: wenke vir die feestyd

slot lock


Veiligheid tuis is altyd belangrik. Dis noodsaaklik tydens die Kerstyd wanneer baie van ons met vakansie gaan. Volg hierdie wenke om jou huis beter te beveilig.

 

Wees ’n goeie buurman

  • Leer ken jou bure. Besoek hulle as jy dit nog nie gedoen het nie. Stel jou voor en ruil kontakbesonderhede uit sodat julle mekaar kan bel indien nodig.
  • Goeie bure sien om na mekaar. As jy belowe om ’n ogie oor jou buurman se huis te hou wanneer hulle uitstedig is, sal hulle hopelik dieselfde vir jou doen.

Beligting

  • Wanneer jy jou huis verlaat, is dit beter om die binneligte aan te laat as die buiteligte sodat dit lyk asof iemand tuis is.
  • Installeer en gebruik infrarooi bewegingsensors op jou eiendom. Dit sal jou dadelik in kennis stel as daar ’n indringer is voor daar by jou huis ingebreek word.

Deure en slotte

Maak dit so moeiliker om by jou huis in te breek:

  • Gebruik swaargewig-slotgrendels van goeie gehalte.
  • Gebruik ’n swaargewig-binneknop-slotstelsel met ’n slotknip-meganisme.
  • Gebruik ’n swaargewig vierskroef-slotplaat met drieduim-skroewe wat diep in die houtraam van die deur skroef.
  • Gebruik ’n 160 °-loergaatjie nie hoër as 1,5 m van die vloer af nie.

Vensters

  • Beveilig alle bereikbare vensters met ’n primêre of sekondêre blokkering soos diefwering.
  • Maak seker niemand kan sy arm by ’n oop venster insteek en ’n deur oopsluit nie.

Glasskuifdeure

  • Gebruik ’n primêre of sekondêre blokkering op alle skuifdeure, aangesien hierdie soort deure min sekuriteit bied.
  • Hou die slotmeganisme in ’n goeie toestand en maak seker dis gereed om te sluit.

Alarmstelsels

  • Duidelike inligtingsborde dat jou huis toegerus is met ’n alarmstelsel, is ’n doeltreffende afskrikmiddel.
  • Alarmstelsels moet behoorlik geïnstalleer en geprogrammeer word en deurentyd goed onderhou word.
  • Om doeltreffend te wees behoort alarmstelsels ’n harde sirene te hê sodat bure kan weet wat by jou huis aangaan.

Kluise

  • Gebruik jou kluis daagliks sodat dit ’n roetine word. Maak seker jy weet hoe dit werk.
  • Verander die kluis se toegangskode gereeld en vermy maklike kombinasies soos 1234.

-Faiza Mallick

Persverklaring: ADT Wes-Kaap