Jou sterre vir Dinsdag, 21 Maart 2017

Hier is wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

aries-hg-w

JOU DAG
Die sterre is vandag gunstig geplaas vir intuïsie, proaktiwiteit en produktiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR
Jy het ’n eerlike en reguit geaardheid. Jy moet in 2017 meer dissipline en denke aan die formulering en volg van jou drome wy.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr
Jy kan nie wag om dinge geldelik aan die gang te kry nie, maar jy moenie voortgaan voor al die partye die veranderings goedkeur nie. As jy bekommerd is oor geldsake, noem jou bekommernisse aan die betrokkenes.

BUL, 21 Apr – 21 Mei
Vandag se sterre bevoordeel die navolging van kreatiewe aktiwiteite, soos tuinmaak, koskook, handwerk, skilder, teken, versiering en hernuwing. Dis jou manier om die gevoelige Bul-kunstenaar in jou binneste uit te druk.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun
Jy het vandag die kans om ander mense te inspireer. Moet hulle nie daarna teleurstel deur glad te veel te praat en heeltemal te min te lewer nie. Hou jou verwagtings in die werklikheid gegrond.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul
Jy dink jy weet wat aangaan, maar leef jy nie dalk met oogklappe aan nie? Dis tyd om diep te delf wat ’n geliefde of vriend/in betref terwyl jy onder die oppervlak kyk en uitvind wat werklik aangaan.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug
Jy droom oor die toekoms en jy het baie idees wat rondmaal, maar hoeveel van hulle sien ooit die lig? Jy gaan nooit iets gedoen kry as jy toelaat dat jou aandag deur eindelose moontlikhede afgetrek word nie.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep
Verbonde Maagde, dit is die perfekte dag om die romansewyser na ’n nuwe fase te laat oortik. Enkellopendes – is jou romantiese verwagtings onrealisties? Heroorweeg daardie rooskleurige uitkyk en kyk weer.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt
Versnel jou pas, Weegskaal, want ’n vriend/in of gesinslid het vandag jou bystand nodig. Gesonde en weldeurdagte advies is net die regte medisyne. Maar vertel ’n geliefde vir jou die hele storie?

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov
Spanwerk en sosialenetwerkvorming gaan jou vandag kry waar jy wil wees terwyl jy ’n projek takel wat jou na aan die hart lê. Moenie toelaat dat ’n kind, tiener of vriend/in jou vet om die oë smeer nie.

BOOGSKUTTER, 21 Jan – 19 Feb
Dit is ’n uitstekende dag vir kuier en te onthaal terwyl jy goeie kos en vrolike geselskap geniet. As jou begroting gedurig oorskry word, moet jy kreatiewe maniere soek om jou kontantvloei ’n hupstoot te gee.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan
Tans is ’n kombinasie van ’n intuïtiewe benadering en ’n soliede werketiek die geheim tot sukses. As jy geestelik kreatief is en ’n paar berekende risiko’s neem, gaan jy aangename vordering maak.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb
Jy is gretig om te begin met ’n projek wat jou opgewonde maak, maar moenie heeltemal onrealisties wees oor die begroting nie. As jy kreatief gefokus is en versigtig is met die geld, gaan jy meer waarde vir jou geld kry.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt
Kreatiwiteit en inspirasie is hoog; dus moet jy vandag prettige maniere vind om jou uit te druk. Die sterre jaag ook die toere van jou flankeersy op, maar moet jou nie deur die heuningkwas van ’n bekoorder laat verlei nie.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017