KYK: Duisende ruk op na parlement – video skets toneel

Duisende Kapenaars het Vrydag die strate ingevaar en kort voor middagete voor die parlement saamgedrom. Ten spyte van hul krete en herhaalde versoeke het geen lid van die uitvoerende gesag opgedaag om hulle toe te spreek nie.

Sowat twee ure later het die meeste van die betogers weer die toneel verlaat.