KYK: Dié enorme hoender gaan jou na jou asem laat snak

Stadig maar seker kom hy uit sy hok, stap ’n bietjie rond en baken sy gebied soos ’n wafferse hond af – maar hy is allesbehalwe!

Die monster van ’n hoender heet Merakli en is blykbaar deel van die Brahma-familie, ’n soort hoender in Amerika wat vir sy vleis gebruik word.

Merakli het omtrent Twitter aan die gons gehad nadat Fitim Sejfijai ’n video van die hoender op die Shepeztaria Dekorative Facebookblad geplaas het.


Volgens Livestockconservancy.org staan ’n Brahma-hoender bekend as ’n groot, sterk en lewenskragtige hoender. Dié hoenders groei tot een meter lank en kan tot 5 kilogram weeg.

Een Twitter-gebruiker skryf: “Ek wil graag ’n 2000-woord-verklaring oor die groot hoender hê asseblief.”


“Daai hoender is die angswekkendste ding wat ek nog in my hele lewe gesien het!” laat hoor ’n ander gebruiker.


“Van watter planeet is die hoender,” vra die ander een.


Dink net hoeveel gesinne dié hoender kan voed!

Bronne: Buzzfeed.com, Livestockconservancy.org, Sbnation.com, Twitter, Facebook.