Klavierkuiers: Pedro en Nicholis Louw laat Vergeet en Vergewe herleef

nicholis-louw


Pedro Kruger bring hulde aan ons land se grootste sangers in sy musiek-en-geselsprogram. Dié week kuier Pedro om die klavier saam met Nicholis Louw.

Wat was vir jou die lekkerste deel van jou kuier saam met Pedro?

Die lekkerste deel is die feit dat ek en Pedro mekaar al jare lank ken en ons het nog net fantastiese tye gehad. So elke keer as ons saamwerk is daar ’n gevoel van rustigheid en gemoedsrus om saam met iemand te werk wat meer as professioneel is. Iemand wat jou as ’n ou vriend behandel.

Wat maak Pedro volgens jou uniek?

Pedro is Pedro.  Sprankelend, opbouend, ongelooflik talentvol en een van die great mense in die bedryf.

Wat is jou gunstelingding om te doen op ’n Vrydagaand?

Vrydagaande is show aande, so hoewel dit vir my ’n werksaand is, is dit wat ek voor lief is!

Noem vir ons drie van jou gunstelingliedjies.

Bed of Roses, Fields of Gold en Pamela.

Wat is drie goed wat jy hoop mense eendag oor jou sal sê?

Dat ek ’n goeie pa vir my kind was, dat ek ’n goeie man vir my vrou was, en dat ek ’n positiewe impak op die mense om my gehad het.

Kyk hier na Nicholis en Pedro se duet:

  • Onthou om elke Vrydag om 20:00 in te skakel vir nuwe episodes van Klavierkuiers met Pedro op VIA (DStv-kanaal 147) en Saterdae om 19:00 vir die heruitsendings.