Daar’s glo ’n nuwe man in Angelina Jolie se lewe

Die gerugte loop sterk dat daar ’n nuwe (ou) belangstelling in Angelina se lewe opgeduik het – en die kans op ’n romanse word nie uitgesluit nie.

Dit wil voorkom asof niemand anders nie as Jared Leto (45), haar medester in die flieks Girl, Interrupted en Alexander, nadergeskuif het toe haar en Brad (53) se huweliksbootjie op die rotse beland het.

Brad is glo geensins verbaas oor dié verwikkeling nie. Daar word beweer dat hy terdeë daarvan bewus was dat Angelina (41) ’n baie sagte plekkie in haar hart vir die man met die ongelooflike blou oë het.

Terselfdertyd mag jy jouself afvra hoe sterk die moontlikheid van “ietsie meer” tussen die twee Oscar-wenners nou juis kan wees.


Hulle het mekaar in 1999 ontmoet tydens die verfilming van Girl, Interrupted.


 
In 2004 het hulle paaie weer gekruis met die vervaardiging van Alexander. Maar die twee het meer as net twee noemenswaardige flieks saam agter die rug.

Angelina en Jared is albei baie ernstig betrokke met humanitêre werk. Sy is al meer as tien jaar lank ’n welwillendheidsambassadeur vir die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR).

Jared self is bekend as ’n aktivis vir die bevordering van LGBT-regte.


Daar word beweer dat Jared verantwoordelik was daarvoor dat Angelina die gedoente met Brad in September 2016 beter kon hanteer. Skynbaar sien die twee mekaar so gereeld as moontlik sedertien.

Jared en Angelina word glo deur bronne ná aan die twee as onkonvensionele geesgenote beskryf.

Sou die gerugte in feite ontpop, kan daar net gegis word of die paartjie dalk in die toekoms as Letolina bekend sou staan . . .

Bronne: ibtimes.co.uk, inquisitr.com, hollywoodlife.com