Bekende se tweeling in sorg geplaas ná ‘onsedelike foto’s’ op rekenaar gevind is

Foto: Instagram

Foto: Instagram



Lisa Marie Presley se tweelingdogters is glo tans in die sorg van die Kaliforniese departement van kinder-en-gesinsdienste.

Maatskaplike werkers het die agtjarige tweeling, Finley en Harper Lockwood, na bewering uit die huis verwyder. Die hof sal na wat verneem word op 17 Maart oor die twee se toekoms beslis.

In dokumente wat Lisa Marie (49) as deel van haar egskeidingsgeding van Michael Lockwood (55) aan die hof voorgelê het, beweer sy sy het onsedelike foto’s en video’s van die kinders op die musikant se rekenaar gevind.

Sy het onder meer gesê sy was tot in haar siel geskok toe sy die beeldmateriaal ontdek.

Lisa Marie het ook bekendgemaak die polisie het die huis deursoek wat sy voorheen met Michael gedeel het. Tagtig toestelle is glo gevind, maar dit moet nog volledig ontleed word.

Sy het gesê sy het geen idee het wat op die toestelle kan wees nie, maar wel genoem sy vrees daar kan nog en selfs erger getuienis gevind word.

Lisa Marie en Michael is in 2006 getroud. In Junie 2016 het sy op grond van onversoenbare verskille ’n egskeiding aangevra. In haar egskeidingsdokumente het sy glo ook genoem sy moet twee oppassers betaal om Michael te monitor wanneer hy sy dogters besoek.

A post shared by Stock News USA (@stocknewsusa) on

Die verwikkeling is nie al twispunt nie; ’n gestry oor miljoene dollars vertraag ook die skeisaak.

Michael eis onderhoud van sowat R523 000 per maand. Sy rede? Lisa Marie bestee glo tot R260 000 tydens inkopietogte. Sy ontvang skynbaar maandeliks ongeveer R1,3 miljoen uit haar pa se boedel.

Sy is die dogter van die ontslape legendariese sanger Elvis Presley en sy vrou, Priscilla (71).
Lisa Marie beweer haar fortuin van R3,9 biljoen is uitgeput. Sy het glo geen ander keuse as om by haar volwasse dogter, Riley Keough (27), in te trek nie.

A post shared by @closerweekly on

Op 3 Oktober 1988 is sy op 20-jarige ouderdom met die onbekende musikant Danny Keough (nou 52) getroud. Hul huweliksbootjie het egter op 6 Mei 1994 finaal gesink.

Op 26 Mei 1994 het sy in die geheim met Michael Jackson afgehaak, maar sy en die pop-ikoon is twee jaar later geskei.

Daarna het Lisa Marie 10 Augustus 2002 in die huwelik getree met die akteur Nicolas Cage (53), maar op 16 Mei 2004 skei hulle ook.

Twee jaar later het sy en Michael, van wie sy nou skei, voor die kansel gestaan.
Benewens die tweeling en Riley het Lisa Marie ook ’n seun, Benjamin Keough (24).

Bronne: cover.com, lisamariepresley.com, huffingtonpost.com