Wen Skouspel-kaartjies!

E-pos
Print

Huisgenoot is al bykans 'n jaar bedrywig op Facebook en met bykans 5,000 aanhangers wil ons dankie sê vir julle ondersteuning deur die jaar. Daarom het ons besluit om 'n opwindende kompetisie aan te kondig waarmee jy twee kaartjies na Skouspel in Sun City op 9 Oktober 2010 kan losslaan.

Al wat jy moet doen is om foto's wat jyself geneem het tydens Kurt Darren se 40e verjaarsdagpartytjie op sy plaas (of jy nou daar was of net in jou eie huis hierdie wonderlike verjaarsdag op jou eie manier genier het) op Huisgenoot se Facebook-muur te plaas.

Jy moet 'n lid van  Facebook wees en ook 'n aanhanger van Huisgenoot daar wees. 

Vir meer inligting, en om deel te neem, besoek: www.facebook.com/huisgenoot en kies ‘Word ‘n Aanhanger’
2) Nou dat jy ‘n aanhanger is, kan jy op ons muur skryf. Bo-aan die bladsy Kies die ‘Foto’ of ‘Video’ opsie
 
3) Kies die ‘Laai ‘n Foto Op’ opsie en soek die foto op jou rekenaar wat jy die naweek tydens Kurt se partytjie geneem het.
 
4) Skryf ‘n kort boodskap wat die gebeure in die foto omskryf.
5) Klik op ‘Deel’. Jou foto en/of video behoort nou op ons muur te vertoon.

Jy kan soveel keer inskryf soos jy wil. Vertel jou vriende en familie en help ons om Huisgenoot se Facebook-bladsy te laat groei. Gaan sommer nou na www.facebook.com/huisgenoot



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (36)


  1. Jackie
    2011/07/05 08:23:51 nm
    Afrikaanse Musiek is tops en my grootste begeerte is om na skouspel toe te gaan.
  2. Jaco Nortje
    2011/06/17 12:40:51
    Ek kyk altye skouspek op tv en koop die dvd's maar het nog nie die voorreg gehad om daar te wees nie!
  3. Anney Venter
    2011/06/08 02:25:58 nm
    Sal baie graag na die skouspel toe wil gaan. Was nog nooit by een nie. Ongelukig kan ek dit finansieel nie bekostig nie!!! Musiek is my lewe! Het al gehoor dat dit opwindend is.
  4. Isabel
    2011/06/06 11:38:41
    Wens so ons kan die kaartjies wen!!!
    Elke jaar se ek ons moet gaan en as ek sien dan is dit weer tyd vir Skouspel op MNet...ai...wat sal ek tog nie gee as ons gesin kan gaan die jaar nie...
  5. magda
    2011/04/18 04:16:29 nm
    hoop ons wen 6 kaartjies. het 4 kinders. was nog nooit daar nie
  6. Johanna Botha
    2011/04/04 02:42:15 nm
    Ek was nog nooit by skouspel nie want ek kan dit nie bekostig nie. Ek is alleen broodwinner en moet vir 6 mense sorg. Ek sal dit eendag baie graag wil meemaak om daarheen te gaan, want ek dink dit kan 'n belewenis en n half wees. Ekself is baie lief vir sing en sou ook baie graag self wou sing, maar weet nie of ek al te oud is daarvoor nie en of my sang goed genoeg is nie, daarom gaan dit vir my baie aangenaam wees om te gaan kyk. As dit my beskore is om kaartjies te wen om daarheen te gaan sal dit vir my 'n groot eer en voorreg wees en se ek ook byvoorbaat dankie.
    Huisgenoot is die allerbeste tydskrif ooit.
    Dankie
    Johanna
  7. Evadne Hendrikse
    2011/04/01 03:33:36 nm
    Ek was nog nooit in my lewe by n skouspel vertooning nie. Ek dink dit kan seker n belewenis wees. Het nog nooit werklik die moeite gedoen om te gaan kyk nie want daar is soveel negetiewe komentaar oor Skouspel dat ek dink ek moet tog eendag die moeite doen om vir my self te gaan sien hoe dit daar by die Skouspel is.
  8. Cecilia
    2011/01/28 12:21:52
    Ek koop elke jaar die dvd en dit sal fantasties wees om dit by te kan woon persoonlik.
  9. Stienie
    2011/01/24 02:36:53 nm
    Ons, ek en my man is gek oor Skouspel, kon nog nooit bekostig om dit persoonlik by te woon nie maar koop elke jaar die DVD en kyk op 'n gereelde basis daarna. Die spesiale toekenning is elke jaar vir ons 'n hoogtepunt om te sien wie die ontvanger daarvan gaan wees. Net een vraag: Is Steve Hofmeyer nie die GROOTSTE ikoon van Afrikaanse musiek nie? hoekom word hy misken , is dit oor persoonlike redes? Ek dink nie ' so 'n belangrike toekenning moet van iemand weerhou oor persoonlike redes nie - Hy is en sal altyd DIE grootste Afrikaanse Ikoon wees, gee Huisgenoot dan met 'n "toe hand"?
  10. Hans Vosloo-Du Toit
    2010/12/23 10:19:12
    Hi Skouspel/Huisgenoot

    Was in 2009 daar met skouspel en in 2010 weer daar dit was stunning en ek hou van die variasies van kunstenaars en dan ook die kleredrag het verlede jaar vir Lianie May aangetrek en sal graag 2011 skouspel plus wil sien was nognooit in die Kaap nie,hou aan met skouspel dit is stunning.
  11. Chantal
    2010/12/07 02:10:13 nm
    ekt al al die vertoonings gekyk maar dis almal net op dvd ek sal graag eendag die eervaaring wil he wat duisende mense al gehad het om na 'n skouspel te gaan kyk
  12. ryk
    2010/12/03 02:20:06 nm
    shouspel was uitstekend daar is mos altyd iets fout met alles seker weer die ou tannies wat weer kla!!!!shouspel was die beste ooit.Sien julle weer volgende jaar
  13. Ilze
    2010/11/16 04:38:35 nm
    Vir die afgelope 8 jaar het ek nog nooit 'n skouspel gemis nie ten spyte van duur kaartjies, die groot skaartste aan verblyf en die honderde kilometers wat ons moet reis om dit by te woon. Sal graag ook net 1 keer verblyf by Sun City self wil bekom vir die hoogte punt!
  14. Magda Heath
    2010/11/16 02:25:47 nm
    Joanie jy weet nie wat jy mis as jy nie Dit is nou my 5de jaar en ek bly dit geniet
  15. sylvia
    2010/11/15 09:56:14
    ai sal dit nou nie n fees wees om dit te kan beleef nie ons afrikaanse sangers staan nie n tree terug teen enige van die wereld sangers nie ons het die beste
  16. eurika
    2010/11/12 01:03:07 nm
    Skouspel is dit inderdaad. het al drie keer gaan kyk en is elke jaar net beter as die vorige jaar.
  17. jianni Erasmus
    2010/11/02 08:27:41
    was nog nooit by skou spel ni en sal graag wil gaan.
  18. MARLENE SMITH
    2010/10/19 02:46:21 nm
    IN VERGELYKING MET SKOUSPEL 2009 WAS HIERDIE JAAR VIR MY NOGAL TELEURSTELLEND.
    WAAR WAS DOZI - JANNIE MOOLMAN - ROBBIE WESSELS - CHRIS CHAMELEON - LIANI MEY - ELIZA THERON - JACQUES DE PRIESTER - PIETER KOEN - DIE CAMPBELLS, ENS, ENS. ? ALMAL MY GUNSTELINGE KUNSTENAARS OM VAN 'N PAAR TE NOEM?

    ONGELUKKIG HET ONS DEUR 'N BUSTOER HIERDIE JAAR BESPREEK (J.B. BUSTOERE) EN HET OP DIE SWAKSTE SITPLEKKE OOIT BELAND. BLOK K - UPPER UPPER LEVEL SITPLEKKE SS77-80, DIE HEEL AGTERSTE RY! DIT TEN SPYTE VAN DIE FEIT DAT ONS AL IN JANUARIE 2009 BESPREEK EN BETAAL HET!

    ONS KON EERS DIE KUNSTENAARS HERKEN TOE HULLE BEGIN SING HET WANT VANAF ONS SITPLEKKE WAS ONS UITSIG NA BEIDE DIE LINKER- EN REGTERHANDSE GROOT SKERMS VERSPER DEUR LIGTE EN 'N SOORT TELEVISIE SKERM WAT VAN DIE DAK AFGEHANG HET!

    AS DIT NIE GENOEG WAS NIE HET LIGTE DIE HELE TYD TYDENS DIE OPVOERING IN ONS OE GESKYN - VIR WATTER DOEL?

    DIE SITPLEKKE WAS SO ONGEMAKLIK EN SWAK DAT ONS POUSE ONSSELF VERSKUIF HET NA DIE BLOK WAT ALBEI KANTE VAN DIE VERHOOG OOPGEHOU WORD.

    EK STEL VOOR DAT HUISGENOOT SELF ONDERSOEK GAAN INSTEL OOR DIE SWAK UITSIG VANAF HIERDIE SITPLEKKE VOORDAT HULLE WEER KAARTJIES BESKIKBAAR STEL VIR VOLGENDE JAAR SE VERTONINGS. MISKIEN SAL DIT 'N GOEIE IDEE WEES OM HIERDIE SITPLEKKE WAAR DIE UITSIG BELEMMER IS, OOK OOP TE HOU.

    EK IS EN SAL ALTYD 'N ONDERSTEUNER VAN AFRIKAANSE MUSIEK BLY TEN SPYTE VAN SWAK SITPLEKKE!





  19. joanie
    2010/10/14 11:29:53
    glo dit of nie maar ek was nog nooooiiitt by 'n skou spel nie
  20. wouter hugo
    2010/10/11 03:28:38 nm
    Darem maar vreemd hoe smaak kan verskil. (Maryn -e-pos verwys) Vir sommige lesers was Skouspel 2010 baie goed en 'n fantastiese produksie. Ook maar goed smaak verskil en dat alle mense nie van alle kunstenaars hou nie. Dink hoe vervelig sal Skouspel jaar na jaar wees as dit net uit dieselfde kunstenaars oor en oor bestaan. Carike/Sonja en Rina is ikone in eie reg en baie mense hou van hul musiek. As daar kunstenaars is wat wel moet ingesluit word, is dit hulle!
  21. maryn
    2010/10/07 05:20:48 nm
    Huisgenoot skouspel, agge nee!! Hoe kan julle so `n afgewaterde program aanbied met ou opgewarmde liedjies!! Wat `n teleurstelling na verlede jaar se absolute hoogtepunt! Vertel asb vir ons ook hoekom MARA LOUW (Idols) deel van die program was?? Geen woord Afrikaans sing vir haar nie, nie eers Engels nie!! Net suggetiewe Pata-pata met handbewegings oor die arme manne wat saam met haar moes optree en die Click-song in Zulu of wat ook al! En toe kom Jennifer Jones met `n FRANSE LIED uit die vorige eeu! Moee kunstenaars, "backtracks" vir sommige, Sonja Herholdt tot vervelings toe, Rina en Carika met 22 jaar terug se treffers ens ens! Ag nee wat, moenie agteruit boer nie asb!!! Ons het baie geld vir ons groep van 14 uitgegee om Skouspel te kon bywoon!! Kom terug na 2009 se standaard toe!!!!
  22. burnize de beer
    2010/09/27 12:47:54 nm
    ek wens ek kon gaan ek verjaar die 9de was te laat vir kaartjies
  23. Antoinette Willemse
    2010/08/01 05:53:42 nm
    Ek is mal oor afrikaanse musiek! Het skouspel nog net op kyknet gesien. En vreeslik baie geniet.
  24. Jackie Kritzinger
    2010/07/06 08:37:11 nm
    Dit kielie my net op die regte plek die afrikaanse musiek van ons en so ook ons spog afrikaanse musikante. Dit is heerlik om na hulle te kyk en sommer ook om so saam met hulle te kan sing. Ek sal regtig baie diep in my hart bly wees as ek die kaartjies kan wen. Ek is 'n mamma met 2 dogters een tiener van 14 jaar en een van 8 jaar. Dit sal soooooo lekker wees as ek hulle kan vat. Baie dankie dat ek kan inskryf .
    Groete
    Jackie Kritzinger
  25. Martie Greeff
    2010/07/02 06:07:49 nm
    Ek is verslaaf aan afrikaanse musiek, die skouspel is wonderlik, net jammer ek kon nie kaartjies te koop kry vir hierdie jaar nie, dit is 'n groot teleurstelling vir my. My seun is een van die liedjieskryf kompetisie finaliste. Baie dankie aan huisgenoot vir 'n stunning tydskrif.
  26. Mariaan Kruger
    2010/07/01 05:45:38 nm
    Afrikaanse musiek is die BESTE verkoper in ons winkel in Middelburg MP ! Luv Afrikaanse musiek !!!
  27. coenraad bezuidenhouy
    2010/06/23 06:39:34 nm
    wil net noem jul rock
  28. Felicia Miller
    2010/05/02 04:07:45 nm
    Ek is maal oor Afrikaans musiek, dit is vir my mooi. Ek is baie lief vir my land, ek bly die laaste 10 jaar in Saudi Arabia ( Jeddah ). Dit is net om geld te maak, ek gaan huis toe elke jaar vir 3 maande. Ek miss elke keer uit vaneer die skouspel begin, ek wil baie graag net een skouspel by te woon. My man en kinders is ook baie maal oor Afrikaans musiek, my man is saam met my en my oudste seun, my joungste seun is in Suid Afrika. Ek wil graag van die diepste van my hart die 2010 skouspel graag wil kyk.
    Baie dankie en geniet julle dag.
    Mev. F. Miller
  29. sue ellen miggels
    2010/04/19 03:47:51 nm
    My jaar sal volmaak wees as ek Emo adams kan sien optree.Een ding is verseker emo weet hoe om n vaal party lewe te gee..we all love u emo
  30. sue ellen
    2010/04/19 03:42:45 nm
    ek is mal vir skousel.Ek en my vriendin michelle maak altyd n plaan om dit te kyk op tv....die baste van alles sal waas om Emo adams in lewende lywe te sien optree...nee kyk dan is my lewe gemaak..
  31. Stephnie Gouws
    2010/03/30 03:48:50 nm
    Ek het al di Skouspel dvd's en almal in ous huishouding geniet skouspel. Tot my kleindogter en dis ons moet net elke aand skouspel kyk. Marusch ken omtrent almal op hul name en sy sing saam dat dit klap en vi n 3 jarige wat so van afrikaanse musiek hou is ek erg trots op ha. Nicolaas Louw is net haar kerel en Kurt Deren is die grootste Kurt Derem wat sy ken en so het almal n Fan. Juanita du Plessies is ha oupa se girl friend en Theuns Jordaan ha ouma Steffie sin en Bobby van Jaarsveld (soos sy se Bobby Vijaarsdag) in haar mamma Jes sin. Afrikaanse musiek het in die afgelope 10 / 15 jaar "groot" geword en ons het sulke pragtige, talentvolle kunstenaars en ons is erg trots op almal van hulle! Afrikaans ROCK en elke jaar val daar iets voor en dan kan ons nie Skouspel toe gaan nie maar buig of bars.......Ons moet net gaan!!! Baie dankie vir n puik Huisgenoot!!
    Geniet julle dag.
    Stephnie Gouws
  32. Marietjie Swart
    2010/03/27 11:00:55 nm
    Ai toggie, dis biejtie ver van waar ons bly!! Ek is on Ausie op die oomblik, glo my elke jaar as ek huistoe gaan kry ek my DVD! ek dink ons gesin is die grootste skouspel aanhangers. Ons het Suid Afrikaners wat kom kuier op Vrydae en dan luister ons Afrikaanse musiek, kyk Skouspel raak lekker "HOME SICK" en wens on kan volgende jaar skouspel toe gaan!!!! so wonder ek of ek ooit die spesiale bederf sal kan bekostig!!! Dankie dat Afrikaans die TAAL is!!!!
  33. Preston de Beer
    2010/03/27 09:17:28
    Wou nog altyd skouspel gaan kyk het maar het noot geweet waar hulle dit op voer nie.Ek sal graag n vertoning wil by woon,veral om al die kunstenaars te ontmoet.
  34. Nicky Jansen van Vuuren
    2010/03/08 10:44:19
    Wou nog altyd Skouspel gaan kyk, maar ai, soos meeste mense in ons bootjie is geld 'n probleem, Dit is ek my man, en ons twee aangenome dogters van 19 en 15. Kaartjies se pryse plus wat petrol ons gaan kos, HET Ons nie.
    Dankie tog, ons kan daarvan op tv sien........Maar dit altyd beter om die regte gevoel te kry, LIVE.
    Lekker dag vir julle
  35. marianna jackson
    2010/02/25 01:32:07 nm
    Ek sien altyd skouspel op tv en het die dvd en cd,maar sal dit werklik geniet as ek en n paar vriendinne die geleentheid sou kry om te kan gaan live kyk,ek is trots afrikaans en is met n engelsman getroud ,maar ek bly by my afrikaanse musiek,ek het dit nie breed nie,en het nie geld om te gaan kyk nie,neem my asb in ag indien julle sou kaartjies weggee,ek sal elke oomblik daarvan geniet en nooit vergeet nie,baie dankie vir huisgenoot se puik rubriekke!!!
  36. Helga Rosslee
    2010/02/25 10:07:50
    Alle afrikaanse musiek is my mooi ek is baie mal oor country. Ek en my famielie van vier was nog nooit op n skouspel nie maar sal daarvan hou. Ons bly in Rustenburg maar die geld is nooit daar vir n kaartjie nie. Dit sal die beste wees om my kinders te se kom ons gaan kyk. Die oudste is 12 en die jongste is 7 twee pragtige dogtertjies.
    Geniet julle dag.
    Mev HG Rosslee