Die top-40 finaliste in ons gewilde Sexy Ouma- kompetisie is hier! Stem vir jou gunsteling en ’n waterbestande digitale kamera kan joune wees! Uit die honderde inskrywings wat ons ontvang het, verskyn daar 40 in die uitgawe van 8 April.
Stem so:
Stuur ’n SMS met die woord OUMA en die nommer van jou gunsteling-ouma na 34922. Elke SMS kos R2 en jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil sodat jou gunsteling-ouma die meeste punte kan versamel. Terselfdertyd kry jy ’n kans om ’n Fujifilm FinePix Z33WP-waterbestande digitale kamera ter waarde van R2 500 te wen. Jy moet die eienaar van die selfoon wees of die toestemming van die eienaar hê om dit vir hierdie doel te gebruik.