Gesoek: Alle sexy oumas!

E-pos
Print

As jy 'n sexy ouma van 50 jaar of ouer is - of jy ken iemand wat is - gryp 'n kamera, neem 'n paar foto's en stuur die bestes vir ons.

Die wenner sal met wonderlike pryse ter waarde van R14 000 wegstap.

Lesers sal 'n kans kry om vir hul gunsteling-ouma via SMS te stem.

Stuur jou inskrywing via e-pos na ouma@media24.com (skryf Huisgenoot se Sexy OUma in die onderwerpveld). Sorg dat jou foto ten minste 1 MB en van goeie gehalte is (300 dpi) en dat jy die volgende inligting verskaf:
- Foto van
- Geboortedatum
- Inskrywer se kontaknommer bedags
- Benoem/ingestuur deur
- Adres
- Poskode
- Benoemde se kontaknommer bedags
- Selfoon
- Skryf ook 'n 100 woor motiveringsbrief van hoekom sy moet wen

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (23)


  1. Helen
    2011/07/22 12:16:09 nm
    Almal baie mooi, volgende jaar sal ek inskryf, dan is ek 50
  2. Linde
    2011/04/07 02:00:00 nm
    Almal baie mooi oumas.
  3. anoniem
    2010/04/14 06:24:02 nm
    I have always thought that Afrikaans speaking are not critical.
    But alas, after reading some of the comments here I have
    changed my mind. Go to the you site and see allthe positive comments,
    The Huisgenoot site has mostlynegative feed back (except for a few mature
    open minded people) and thanks to them I still have respect for the Afrikaans
    speaking people. NO 27 is a personal friend of mine, and definatley not
    blown up or wild, she is a natural beauty who will work any one of you critical
    people under the table. she is as gentle as she is classy, beautiful and yes,
    still a very sexy lady. Heads still turn whin she walks in town with me. Her whole
    family are hard workers, that explains the slim figures . I admire all the ladies
    who look after themselves and any child or grandchild can stell be proud of them.
    The Dark glasses and half length photos should not have been allowed
    as the rules strictly say, (Full length) and one cannot actually see those with
    dark glasses. I hope that I can still look as good as some of these ladies
    when I am over 50. Good luck ladies. And thanks for a wonderful magazine,
    My vote is definately on Gran 27
  4. Anoniem
    2010/04/14 09:24:27
    Ek is self 'n ouma van 51 met vetrolletjies en plooie op die regte plekke, goed versorg en het 2 kleinkinders Is al 31 jr getroud met 'n liefdevolle man en het die dierbaarste kinders. So ouma's moet nie vir julle beplak met make-up nie wees jouself So ek was dalk te laat vir hierdie kompetisie maar vir volgende jaar s'n is ek reg.
  5. anoniem
    2010/04/12 02:03:00 nm
    Aan die Regisseur
    Ons moet ongelukkig ons teleurstelling uitspreek oor die keuse in die Sexy Ouma Kompetisie.
    Nr. 1,2, 23,24, en 39 slaan julle S.A se naam heeltemal met ‘n plank.
    11 van die vrouens se fotos is nie vollengte fotos nie.
    Nr.26,27,22 biki te wild en opgepomp.
    Mooi keuses was: 3,7,11,14,34,38.
    Ons dink jullehet net vrouens op internet gevat en nie fotos ingescan nie of julle het nie baie goeie oordeel as dit by skoonheid kom nie.
    Wees in die toekoms meer spesifiek oor kleredrag! Moet hulle swemklere dra of trourokke.
    En sit seblief 7 vir wenkeuses om die regering tevrede te stel. Wat van keuses soos Jane Seymore.Meer klassieke skoonhede.
    Beoordeelaar van Noord Wes.

  6. 2010/04/08 02:22:16 nm
    Ek is baie teleur gesteld in sommige van die finaliste. Ag nee Huisgenoot (of wie ook al die beoordeelaars was)!!!

    Ek het ook 'n Ouma ingeskryf wat enige tyd van die dag of nag baie van die finaliste sal "out class" en ek seker daar is nog baie sulke gevalle.

    Ek het regtig meer "klas" verwag met 'n tydskrif soos Huisgenoot!!!
  7. Tertia du Plessis
    2010/04/07 10:17:44
    Hi....Julle het laat weet dat ek een van die 40 finaliste is in die Ouma kompetisie...
    Almal het uitgesien na die Huisgenoot van 8 April om te stem.Ons wil graag weet
    hoekom my foto toe NIE geplaas is nie? Dis darem nie reg om so n verwagting te
    skep nie.Sal baie graag wil weet wat gebeur het?
    Ek het verlede week ook n epos gestuur en n boodskap op die antwoord diens van
    die adjunk redaktrise wat tans aflos in Esmare se plek gelaat,maar tot op hede nog
    geen reaksie ontvang nie.
  8. Monique Swanepoel
    2010/03/19 11:19:03
    Danie Nel...??? Daar is niks fout met sexy oumas nie!!! Dink jy nie 'n vrou moet altyd sexy en netjies wees nie? Nou net omdat hulle dalk oumas is moet hulle begin bolla's dra, brei, EN NOG VINNIGER OUD WORD??? Nee wat... my ma is 59, 'n ouma, en baie sexy. Hoekom dink jy is sy en my pa nog al die jare getroud? Omdat sy mooi na haarself kyk, en jy kan haar elke dag deur 'n ring trek!!! Geen versteekte agenda! Sy hoef nie aandag te soek nie, want sy kry meer as genoeg! GO SEXY OUMAS!!!
  9. Danie Nel
    2010/03/18 07:14:23
    Sexy Oumas? En hulle reken mans gaan deur n "midlife krisis". Ek neem aan vir die vroumense gebeur dit dan net n paar jaar later. n Ouma behoort tog op 50 ander prioriteite te he as om te probeer sexy lyk. As haar verhouding met haar man gesond is sal sy tog vir hom aantreklik bly tot hul sterf. Ek dink vroue wat probeer sexy lyk het n versteekte agenda om aandag te soek by ander mans. Dis wat hulle gaan kry of hulle dit nou wil hoor of nie. Die vraag is : Waarom wil jy sexy wees tannie?
  10. Fiennie
    2010/03/03 09:13:34
    Ek is ouma van 49 en gee glad nie om om te wag tot ek 50 is nie, want ek sal altyd jonk voel.
  11. Marlize
    2010/03/01 11:45:07
    Ek dink dis great idee. Ek ken ouer vrouens wat so mooi na hulleself kyk, en hierdie kompetisie, sal aan 'n paar wys "wat gedoen kan word" !!!
    Ek dink die "ouderdom van 50 en ouer" is gepas, want anders sal dit later nie meer regverdig wees om 'n "Ouma van 65 teen 'n Ouma van 45", te beoordeel nie. Daar is darem maar 'n hele paar meer "plooie" tersprake in 'n tydperk van 20 jaar !!! Die kompetisie is een vir "sexy oumas", nie vir die "oulikste, of vriendelikste, of beste" nie. So, ek dink van 50 af, kan mens regtig begin sien, wie na hulleself gekyk het, en nogsteeds die moeite doen, om "in shape" te wees, en fantasties te lyk en voel.
  12. Daleen
    2010/03/01 11:41:44
    Daar was mos al kompetisies vir die "jongste" ouma.....waar was julle almal wat nog nie 50 is nie toe????? Byt maar so bietjie vas....jul beurt kom wel en dan wil julle weer nie teen die jongeres kompeteer nie. Sterkte aan almal!!!!!
  13. anita verster
    2010/02/25 09:08:12
    ek is ook 'n ouma 46 jaaroud het een seun en 5 dogters en een kleinkind 5 jaaroud ek sou wil in skryf vir kompetiesie maar ek moet sekker vier jaar wag en dan hou julle nie meer dit vir oumas nie
  14. Ronel
    2010/02/24 03:59:17 nm
    Hi daar
    Ek is 45 jaar oud en 'n ouma van een kleinkind.
    My idee van 'n ouma is om alles en nog meer saam met my kleinseun
    van 2 jaar oud te doen, ek is gym finaties en gym elke dag van my lewe
    met behulp van 'n personal trainer , daar is niks wat ek en my kleinseun
    nie saam doen nie. My dogter kan nie eens byhou nie.
    'n Ouma is n' ouma , jy hoef nie 50 jaar en ouer te wees om 'n ouma
    te wees nie.
  15. Nesta Glover
    2010/02/24 10:29:43
    Ek stem heeltemal saam ek is 48 en het 4 dogters 3 getroud jongste een is 23 en het 5 kleinkinders so 'n kompetisie vir 50 jaar en ouer is so iewat on regverdig. Dit moet eerder oop wees vir alle oumas nie 'n spesifieke ouderdom nie.
  16. Amanda
    2010/02/23 02:51:22 nm
    Zelma, ek is 'n ouma MET plooie en vetjies om die middel en ek is maar 49. Ek is volgens my kleinkinders die beste ding na "cheese spread" en nou hoop ek maar dat daar volgende jaar weer so 'n kompetisie is sodat ek ook kan inskryf. Ek dink ook dat die kinders in Suid-Afrika die oulikste ouma moet kies en nie 'n groep beoordelaars nie. Mammas kan al die oumas se portefeuljes aan hulle kleinkinders lees en so kan die kinders stem vir die beste ouma in Suid Afrika. Oumas moet beoordeel word aan hul liefde vir hul kleinkinders en NIE omdat hulle liewer is vir die haardroer en "make-up" as vir haar klein kinders nie. Sy moet nog saam met hulle modderkoekies bak en pophuis speel, of wat praat ek?
  17. Dalene
    2010/02/23 01:43:36 nm
    Ek dink dis 'n baie sexy idee. Oumas kry nie altyd sulke geleenthede nie. Do so voort!!!!
  18. Luzet
    2010/02/23 12:24:07 nm
    ja, ouer as 50 'n goeie idee - en vergeet van plooie! waars dié??!
  19. Rita Preston
    2010/02/16 07:04:42
    Ek dink ook dis 'n briljante idee om oumas ouer as 50 kans te gee om ook te wys hulle kan sexy wees. 50 Is nog lank nie oud nie.
  20. Zelma
    2010/02/16 04:40:55
    nee, wat - beeld van 'n ouma is tog iemand wat 'n paar lagplooie en huilplooie het. die jongeres moet maar wag tot hulle daar uitkom. sorry.....
  21. ela
    2010/02/15 11:42:11
    hallo...
    hoekom ouma's slegs 50 en ouer?
    daar is baie jonger oumas, en hulle is dierbaar! kan daar nie ook vir hulle 'n kans gegee word nie?