In hierdie week se Huisgenoot praat ons met Ray Dylan en hierdie gewilde sanger vertel ons onder meer van sy swaar kinderjare.
Ons was ook by die Springbok-rugbyspeler, Ruan Pienaar, se troue en het eksklusiewe foto's van die geleentheid.
En Huisgenoot het ook 'n draai gemaak by die verfilming van die nuwe Suid-Afrikaanse Survivor-reeks, met 18 glansmense.
Aanhangers van die New Moon-fliek moet definitief 'n Huisgenoot koop, want ons het 'n plakkaat van die sexy Taylor Lautner.