4 Maart 2010

In hierdie week se uitgawe onthul adv. Barbie se ma deur watter hel sy gegaan het en hoe sy magteloos moes toekyk hoe Dirk Prinsloo haar eens voorbeeldige dogter in ’n seksmonster verander het.

As jy dit nog nie gedoen het nie, besoek ons nuwe webtuiste by www.huisgenoot.com – dit sal jou Huisgenoot-plesier net nog groter maak! Wilmer Müller is onlangs as ons webredakteur aangestel. Hy het hope ervaring op die internet-terrein en het ons webtuiste laat herontwerp om dit lekkerder en gebruikersvriendeliker te maak.

Die eindproduk is ’n lewendige webwerf vol inligting wat veel makliker is om te gebruik. Maar die beste nuus is dat jy as leser op ons webtuiste regstreeks met ons en met ander lesers aan die gesels kan raak, en ons natuurlik kan laat weet hoe jy oor ons artikels voel. Ons lesers se mening is vir ons baie kosbaar en ons waardeer alle terugvoer, ook dit wat minder aangenaam is!

Jy kan joernaliste se blogs lees en daarop kommentaar lewer – Hannelie Booyens, Jaco Hough-Coetzee, Alet van Zyl en Lucia Swart-Walters skryf onder meer oor wat agter die skerms by Huisgenoot gebeur.

Jy sal video’s, foto’s en veel meer daar ontdek wat daagliks bygewerk word. Huisgenoot het ook die Apple-gier aangegryp en ons het nou ons eie iPhone-apparaat wat jy gratis by die iTunes-winkel kan aflaai. Ons het ’n mobi-webtuiste vir mense met gewone selfone as jy nie ’n iPhone het nie – tik net m.huisgenoot.com op jou selfoon se blaaier in.

Jy kan ons ook volg op Facebook en Twitter, waar ons daagliks inskrywings maak oor wat ons aanvang en wat aan die gang is. Besoek ons Facebook-webwerf by www.facebook.com/huisgenoot en gaan na www.twitter.com/huisgenoot vir Twitter.

Lees vandeesweek se Huisgenoot vir nog inligting oor ons tegnologiese vooruitgang.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (5)


  1. Monica
    2010/05/28 07:48:40 nm
    Barbie het beslis geweet wat sy alles aan ander onskuldige meisies gedoen het en sy is net so sleg soos daardie gewese minnaar van haar. Sy verdien om baie lank toegesluit te word. Wonder hoe sou sy gevoel het as een van die slagoffers haar dogter was?! Nou wil sy lang trane huil. Toe daardie meisies gehuil en gesoebat het,het sy en haar mal boyfriend hulle net keer op keer gemolesteer en verkrag. En dan noem sy haarself n advokaat ! Ek noem haar n slet!
  2. Gerrit, Wesrand
    2010/03/03 06:00:15 nm
    Ek kan nie glo dat Elmari Craig sê dat Gretha Wiid het nie die kwalifikasies nie, as jy 'n verhouding met die Lewende God het wat die CEO van die heelal is, dan het jy nie kwalifikasies nodig nie. Paulus sê nie verniet dat, weet jy nie dat jy een gees is met God nie. Hoe kan God se gees saam met jou wees, of goedkeur, as jy presies doen wat Hy nie wil he jy moet doen nie. Seks buite die huwelik is sonde, die huwelik is deur God ingestel, ongehoorsaamheid teen oor God is rebellie, en rebellie is gelykstaande aan heksery. Gretha, solank as wat jy die waarheid preek gaan jy teestand kry, ek bid vir jou en die tyd is amper verby, ons gaan een van die dae huis toe. Jy is 'n warrior vir God. Doen so voort. En Prof. Hennie Stander, met al jou kwalifikasies, jy het duidelik nog nie tot bekering gekom nie, weet jy ooit hoe God se stem klink?
  3. Melissa van Der Westhuizen
    2010/03/02 09:27:03
    in verband met die adv van "die ander kant" ek is 21 jaar oud en tot ek weet dit is n klomp snert. Levitikus 19:31 se: julle mag nie die geeste van dooie mense of vir waarseers vra wat julle wil weet nie. as julle dit doen sal julle onrein word ek is julle God jul Here, Levitikus 20:27 enige mens wat hom ophou met die oproep van geeste of met beswering moet doodgemaak word. hy moet met klippe dood gegooi word. hy verdien die dood en Detronomium 18:10-13 , Num 19:23, 1 Tom 4:1, 2 Kor 11:14-15, Luk 16:19-31, 1Kor 10:20-21 is alles lesings wat ons waarsku teen sulke goed.
  4. Ciska Fourie
    2010/02/27 08:00:19
    Ek is so jammer vir mense wat vinnig praat en se dat dit 'n sonde is om 'n baba uit die eg te he. Ek wil net se dat die Bybel ook se "Moenie oordeel nie"
  5. nellie
    2010/02/26 10:45:26
    ek is baie jammer vir die adv barbie se ouers,maar barbie het geweet wat sy doen,sy is net so skuldig aan als ja sy is seer en hartseer,wat van die mense wat sy skade aan gedoen het,ek verwens haar nie,al wat ek wens is dat sy werklik waar by die Here Jesus sal uit kom,want dis al weg en waarheid vir haar niks anders nie.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities