20 Mei 2010

E-pos
Print

Vanoggend op RSG sê ons land se voorste speurromanskrywer in daardie diep stem van hom: ‘‘Goeiemôre, ek is Deon Meyer en ek kan nie wag dat die Wêreldbeker kom nie.’’ En hy sê dit so mooi dat jy sommer saam met hom opgewonde word. Dan vertel die SAUK hoe hulle die amptelike uitsaaier van die sokker is en dan, o eina pyn, staal jouself, hier kom dit al weer: “Fiel iet, iet is jeer!”

Ja jeer, kon daardie beker nie ook maar by ons verbygehou het nie? Wat, mense, wat, skree ek daagliks vir my motorradio, sou fout gewees het met: “Voel dit, dis hier!’’ Dis trouens korter, kragtiger, vonkiger as die Engels, maar nee, ons moet “fiel’’.

Op hierdie einste RSG was daar ’n tyd gelede ’n interessante geselsie oor navorsing oor advertensies en die taal waarin dit aangebied word. Die bevinding was dat Afrikaanssprekendes baie gunstiger op reklame reageer as dit in Afrikaans is. En hulle het net mooi niks gehou van Afrikaanse reklame met ’n Engelse slagspreukreël soos “fiel iet’’ nie.

Met ’n bietjie kopkrap kan ’n mens mos vir enige Engelse sêding ’n ewe pittige Afrikaanse gelyke uitdink, en soms nog lekkerder, soos wyle kollega Ansa Watson destyds toe die petrolmense met hul rympie uitgekom het: “Lala, we keep you moving.” Toe maak Ansa dit: “Lala, ons laat die wiele rol.” En dit word bekender as die Engelse oorspronklike!

Maar nee, elke keer wanneer ons aan die sokker herinner word, moet ons dit “fiel’’.

Al wat ek voel, is ’n kramp op ’n lelike plek en dis nie, soos die ou grappie lui, Delmas nie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. Marlene Hamman
    2010/05/20 09:05:24
    Bly om te sien dit is nie net in Bloemfontein waar Huisgenoot nog nie tekoop is nie
  2. Theresa
    2010/05/18 01:33:15 nm
    Walglik-nuwe cd is seker op pad
  3. TERESA
    2010/05/17 03:59:44 nm
    AG NEE HUISGENOOT EK BLY IN VAALPARK NABY SASOLBURG WAAR IS DIE HUISGENOOT DAN?????????? NIE VANDAG BY ONS UITGEKOM NIE!!!!!!!!!! hELP TERESA