11 Maart 2010

Dis ’n sakie wat almal laat kook – krag wat so skokkend duur word.

Hoe moet ons ons begroting laat klop as elektrisiteit net ál meer kos? En die winter is nog nie eens hier nie; ons gebruik nog nie eens verwarmers nie.

Ek het my nog altyd daaraan verwonder hoe min Suid-Afrikaners sonkrag gebruik. Ons het immers die meeste ure sonskyn ter wêreld! En tog sien jy baie mense in Brittanje sonpanele vir verhitting en nog meer gebruik terwyl hulle sulke treurige weer in die Noordelike Halfrond het.

Daarom het ons besluit om weer ’n slag na songeisers te gaan kyk. Ons weet almal geisers vreet die meeste elektrisiteit in enige huishouding, en dis dan sekerlik die beste plek om die maandelikse rekening te begin besnoei.

Songeisers is duur, maar gelukkig het Eskom die subsidie verhoog en so kry ons darem ’n deel van ons eie, swaarverdiende geld terug. Boonop betaal jy hom gouer af as wat jy sou dink, met die krag wat nou so duur geword het. Blaai na bladsy 18 en lees ons maklike gids oor hoe om aan die gang te kom, en natuurlik ook ’n bietjie groener te wees. Ons moet almal iewers begin!

Op ’n ander noot: Die nuwe uitgawe van ons Afrikaanse musiektydskrif, Huisgenoot-Tempo, is op die rak en jy kan dit eintlik nie miskyk nie.

Op die voorblad pryk die vier manne van Romanz soos jy hulle nog nooit gesien het nie – lekker loslit, pakke in die kas weggepak, op Blouberg se strand. Gaan koop dit  sommer nou en laat weet ons as jy sukkel om ’n eksemplaar in die hande te kry.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities