11 Februarie 2010

E-pos
Print
  • Diaan Lawrenson en Jody Abrahams deel hul goeie nuus met Huisgenoot lesers hierdie week.
  • Ons praat ook met die Springbokheld Ruben Kruger, wat onlangs aan kanker dood is, se vrou, Lize.
  • Survivor se ongewilde Craig Jacobs vertel vir Huisgenoot van sy doen en lates op die Mosambiekse eiland.
  • Pedro Camara het vir die tweede keer vrou gevat! Hy en sy pragtige bruid, Petra, wys hul trou foto’s vir Huisgenoot. 
  • Dit gons oor pres. Jacob Zuma se twintigste kind, wat na bewering buite die eg gebore is. Ons ondersoek dit.
  • 'n Ma en haar seun, wat op 6 ontvoer is, is herenig na 17 jaar. Hulle deel hul verhaal met ons.


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (8)


  1. Annetjie
    2010/04/11 03:44:00 nm
    Geen probleem dat dit 'n verhouding oor die kleurgrens heen is nie. Die liefde is immers blind en vra nie vrae nie. Maar komaan, ons mense moet nou leer om voorbeeldige voorbeelde te stel. In 'n land waar aborsies amper by die miljoenkerf trek, is hierdie nie 'n voorbeeld nie en dan word dit nogal op 'n tydskrif se voorblad uitbasuin. Hierdie is 'n voorbeeld aan soveel daar buite dat buite egtelike verhoudings maar die regte ding is, en as daar dan 'n baba sy opwagting maak en hy/sy nie bekostig kan word nie, of die baba 'n "skande" vir die familie en samelewing gaan wees, dan word daar na 'n aborsiekliniek gehaas en siedaar weg is die ongewenste opwagting. A nee a, is hierdie nie die rede waarom dit juis so moeilik in ons eens florerende land gaan nie? Is hierdie nie die straf wat ons kry omdat ons soveel verkeerde dade maar goedpraat en onder die mat invee nie? Wonder maar net of ons nie almal eendag voor die Regter sal moet verskyn en moet rekenskap gee oor waarom daar soveel moord in ons land gepleeg was nie. Ek oordeel nie Diaan en Jody nie, en veroordeel ook nie hul kindjie nie, maar hierdie is beslis nie 'n voorbeeld vir die massas daarbuite wat honger is na 'n bietjie liefde en afleiding nie. Liefde wat nie deur ouers gegee is nie word soms met 'liefde maak" verwar en dan sit ons met hierdie vreesaanjaende statistieke en ons land se leiers doen niks daaraan om dit stop te sit nie. Laat ons gewone mense dan maar voorbeeld wees en hierdie gebeure beslis nie goedpraat nie. Sterkte aan julle 2
  2. monica kalies
    2010/02/24 01:34:02 nm
    ek lees huisgenoot op die oomblik en is woedend oor al die negatiewe komentaar oor Diaan en Jody se baba en trou.
    Dus wil ek net sê wie is ons om te oordeel en in vandag se lewe kan niemand ‘n vinger wys of klip gooi nie en om Diaan met Pres.Zuma te vergelyk dis nou plain common…of dit nou Diaan is of wie ook al wat ‘n buite egtelike kind gaan kry het niks met niemand uit te waai nie, en ek dink almal wat sê sy moet ‘n voorbeeld vir hul kinders wees moet gaan doppies blaas want die vraag is…is hulle ‘n voorbeeld vir hul kinders?? Ek wil ook graag sê mense word wakker dis die nuwe Suid-Afrika daar is nie meer kleur grense nie en hulle is defnitief nie die eerste paartjie wat van twee verskillende rasse is nie..julle noem julle self Christene maar steeds veroordeel julle ander die bybel sê uitdruklik die “oordeel kom nie die mens toe nie” dan wil ek ook noem dat die verhaal van Sandra Laing ons almal aan gegryp het maar dat dit absoluut niks met mense van twee verskillende rasse te doen het nie, indien julle mooi gelees het sal julle sien dat haar ouers albei wit was en niks met gemengde ras te doen gehad het nie…en natuurlik is die tye nie dieselfde as destyds nie………so SUID-AFRIKA hou op om mense te oordeel en leer om saam te leef dalk sal baie dinge in hierdie land verander as julle ophou om in die verlede te lewe “APARTEID” is lankal verby!!!!
  3. Lepinotus Patruelis
    2010/02/22 07:32:54 nm
    Na aanleiding van die uiteenlopende reaksie in die Uitgawe wat vandag, Maandag 22 Februarie, die rakke getref het, deel ek die volgende hipoteses:

    Indien die staatkundige dokumentasie van 'n huwelik die enigste vorm van huwelik is wat eties aanvaarbaar is, is ons almal mos buite-egtelik... Hoekom? Eenvoudig: Sarel Celliers, wat menige van ons voorouers se huwelike voltrek het, was nie 'n britse amptenaar nie. Hy was 'n kerk-beampte. Dus was die huwelike nie staatkundig bevestig nie.

    Nog 'n hipotese: As die formele kerk die staatkundige huwelik aanvaar as die enigste eties korrekte vorm van huwelik, bots iets mos. Die staat erken nie God as oppergesag nie. Die Kerk wel. Is dit nie vreemd dat die formele kerk egter steeds 'n staat wat God se gesag ontken, se dokumentasie as gesaghebbend gebruik vir 'n instelling wat eintlik direk van God self af kom nie?
  4. judy
    2010/02/10 03:21:44 nm
    Baie geluk julle!!! dit is die grootste gesken wat mens kan kry...God het julle geseen met n baba...Onthou net om elke dag DANKIE te se vir ons vader...
  5. Juanine
    2010/02/10 02:56:09 nm
    Vreeslik baie geluk julle 2'tjies. Ons is opgewonde saam met julle. Geniet die seël op julle liefde !!
  6. Natania
    2010/02/10 02:18:56 nm
    Baie geluk aan julle tweetjies. Dit is 'n groot geskenk en seëning van ons Hemelse Vader en geniet elke oomblik daarvan. Mag die kleinding vir julle baie vreugde en genot bring.
  7. elizabeth
    2010/02/09 03:50:49 nm
    Baie geluk. Babas bring net vreugde en geluk in 'n mens se lewe.
  8. Carmen
    2010/02/09 02:57:36 nm
    Ag dis darm te pragtig om te weet ons "Paula" gaan n nuwe kleinding in die lewe bring!!!