10 Junie 2010

E-pos
Print

Hier komdie sokke’, hier kom die sokke’, la-la-la la-la-la-la! Maar toegegee: Nie almal is ewe opgewonde daaroor nie.

Daar is inderdaad ook heelparty lesers wat voel as hulle nog net een vuvuzela hoor bulk, nog net een keer hoor dis nou sus en soveel dae dan’s dit hier, dan kraam hulle sowaar ’n ronde bal.

Twee jaar gelede was dit ek daardie. Kom in Zürich aan vir ’n familiekuier, en daar’s derduisende mense met serpe omdie nek en vlae in die hand in die stad, almal vreemd opgewonde. Sokkermalles, blyk dit toe, slaggereed vir Euro 2008. En wat is dit?

Geskokte antwoord: Dis maar net Europa se groot vierjaarlikse sokkerstryd! En Switserland is medegasheer! O diep rivier, o donker nag, was dit nou nodig? Maar toe gebeur die ongehoorde. Lang storie kort: Later was ek so begeester dat ek in ’n oomblik van eensame histerie voor die kassie selfs die TV se tegniese nooddienste gebel het om te hoor op watter %*&!!& kanaal die sokker dan uitgesaai word, en praat gou asseblief, dit begin nóú.

Twee goed het ek geleer: Min dinge bly oninteressant as daar begeesterde mense om jou is en jy kyk en luister net so  ’n bietjie. En: Moenie eens probeer toilet toe gaan nie, dis nie rugby dié nie, dié spel is blitsig.

En as Bafana vroeg uitval? Dan maak ons soos die Switsers toe dit hulle daardie jaar oorkom: Rol netjies jou eie landsvlag op, hang jou ander gunsteling-span s’n oor die balkonmuur en jol voort!



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (4)


  1. Nina
    2010/06/10 06:09:10 nm
    Hoekom koop mense steets die huisgenoot?
    Dis vol nuus wat, as mens eerlik moet wees, op die Jerry Springer Show hoort.
    Wil net se gogo Combat-Wombat... jou vriende staan by jou.
  2. e
    2010/06/10 08:45:51
    dis sy fout en sy verantwoordlikheid!!!in die bybel staan jy mag nie egbreek nie,so maak nie saak of jy britney spears is nie en of die mense dit sien,weet of hoor nie,dit verander ni die woord van die here nie!!
  3. cecileen
    2010/06/09 06:09:41 nm
    Wil ons regtig weet van bekendes se sondes? Hoe moet Andries Bekker se vrou voel? Wat haar man gedoen het is erg genoeg, maar dat die hele SA dit in die koerante en Huisgenoot moet lees?
    Ek praat dit nie goed nie, maar wonder waar die grens is wat betref bekendes se privaatheid.
  4. Magda
    2010/06/08 11:30:45
    Hoekom word net bekendes so geroskam as hulle ander verhoudinge aanknoop? Wat van die normale man in die straat wat sy vrou/lewensmaat ook verkul en niemand weet daarvan nie? Wat ook in leuens lewe en onskuldige vroue se lewens vernietig en as hy uitgevang word dan word alles net summier ontken en hy vergeet dat hy jou gevra het om verloof te raak, dat hy baie lief is vir jou ens. . Hoekom kan daar nie 'n blad geskep word waar al sulke gevalle bekend gemaak kan word met fotos om onskuldige vroue vooraf te waarsku nie? Sal dit nie dalk help dat minder mense skei nie? Ek wonder net