1 Julie 2010

E-pos
Print

Op ons plakkaat dié week pryk die gesigte van die heel grootste sterre aan Huisgenoot se hemel: niemand anders nie as julle, ons Huisgenoot-lesers.

Is jou gesig dalk hier êrens onder dié van die honderde lesers wat blitsig gereageer het toe ons op ons Facebook-blad vra: Wil jy jou gesig in Huisgenoot sien?

Met ons unieke plakkaat spog ons vandeesweek met ’n groot prestasie in die aanlynwêreld.

Ons Facebook-aanhangers het nou die dag die 30 000-kerf verbygesteek, en só vinnig groei die getalle dat ons webredakeur, Wilmer Müller, meen ons trek nou al by 34 000 teen die tyd dat julle hier lees.

Hiermee is ons nie net die Suid-Afrikaanse tydskrif met verreweg die meeste aanhangers nie, maar ook een van die grootste en die bedrywigste onder alle Afrikaanse Facebook-bestemmings.

Ons het trouens meer aanhangers op Facebook as wat die meeste Suid-Afrikaanse tydskrifte lesers het!

En hier op kantoor kan ons elke week nie wag om te hoor wat julle alles op Facebook oor ons nuutste tydskrif te sê het nie. Toe, word gerus ’n aanhanger en gesels saam, ons hoor graag wat jy op die hart het.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)