DJ Ossewa se Raapie sterf in ongeluk

E-pos
Print

Raapie Knaapie, een van die lede van DJ Ossewa, is Sondag in ‘n ongeluk oorlede. Hier is 'n onderhoud met die groep en Raapie wat in die huidige Tempo verskyn.

Dit het alles begin met ’n Weber-braaiketel-ekspo in 2005 by die destydse Randburg-waterfront.

En die stille wete dat desperaatheid dikwels die begin is van die beste idees. Soos die stigter van DJ Ossewa, Riaan vanWyk (33), alias Daniel Jakobus, jou gou vertel: ‘‘Daai dag het ons besef ons gaan in elk geval ons naam met ’n plank slaan, toe besluit ons om dit maar ordentlik te doen.

‘‘Ons het gesien dit gaan nie werk om te probeer cool wees as ons nog nooit saam kon oefen nie, toe probeer ons maar snaaks wees. Ons het soveel moontlik tjol aangejaag op die verhoog.’’

En daar werk dit toe skitterend – hulle was skaars van die verhoog af, toe het hulle vier besprekings van mense in die gehoor. ‘‘En skielik het ons gedink: Jis, kwaai, ons kan geld maak!’’ sê Riaan.

Dat hulle hoegenaamd saam in ’n groep beland het, was eintlik blote geluk. Riaan, ’n vryskutmusiekvervaardiger, het met instrumentale weergawes van die musiek wat DJ Ossewa vandag maak, geëksperimenteer en toe ’n  platemaatskappy daarmee genader. Hulle het van die klank gehou.

Eers wou hulle net opnames daarvan vir ander albums hê, maar toe besluit hulle die klank kan tog op sy eie werk –  mits hulle ’n groep kan kry om dit uit te voer. Riaan moes vinnig plan maak en hy het sy pel Pieter Rischmüller (34), oftewel die groep se voorsanger, Piet Pompies, genader.

Toe was dit soos telefoontjie: Piet Pompies het Jerbes de Bruyn (36), Die Leeuboer en baskitaarspeler, nader gehark, en Jerbes vir Dwayne Venter (21), oftewel Raapie Knapie, die trekklavierspeler.

So is DJ Ossewa toe gebore.

‘‘Ons het dadelik oor die weg gekom. Ons was almal spontaan saam simpel,’’ sê Riaan. Maar waarom die vreemde, karikatuuragtige alter ego’s?

‘‘Daar was planne vir ’n TV-reeks.  Ons het die idee gehad om ’n Afrikaanse sitkom te maak, iets soos Koöperasiestories, en kykNEt  het daarin belanggestel,’’ vertel Pieter.

‘‘Ons het karakters uitgedink, maar toe te besig geraak met vertonings. Toe span ons maar die karakters op die verhoog in, en dit het so lekker gewerk dat ons net nie weer opgehou het nie.

‘‘Dwayne was destyds nog op skool. Hy was maar 16 en ons moes soms by sy skoolhoof toestemming kry dat hy vertonings kon bywoon,’’ vertel hy.

Dwayne skud sy kop by die herinnering. ‘‘Ja, ek het eendag ná skool nie tyd gehad om vooraf nog my skoolklere uit te trek nie, en toe word dit sommer my karakter: Raapie Knapie, die vertraagde jonger boetie van Daniel Jakobus.’’

Die storie loop so: Daniel Jakobus en Raapie – albei, sal ons maar sê, effens stadiger as die gewone mens – is broers en woon op die plaas Ossewasrus naby die dorp Petronella noord van Pretoria. Hulle was eintlik ’n drieling, maar Raapie het volgens oorlewering die derde kind opgeëet.

Die rokjagter Piet Pompies is hul neef en Die Leeuboer, so genoem omdat hy so ‘‘taai en rof soos ’n leeu’’ is, woon op die buurplaas.

So suksesvol is die fiktiewe karakters dat sommige aanhangers sukkel om die werklikheid van die illusie te onderskei.

Mense praat gereeld bitter stadig met Raapie en Daniel Jakobus, die twee wat elke dan en wan op die verhoog  verkondig dat hulle ‘‘maar stil is omdat hulle lisdeksie het’’.

Altyd lus vir ’n grappie, dis dié spul . . .
DJ Ossewa is vyf jaar oud en het al ses albums en twee DVD’s agter hul naam. Manne-wa-lus het verlede jaar die Tempo-toekenning vir die gewildste DVD gewen, en vier van hul CD’s en ’n DVD het al goue status behaal.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (109)


  1. geraldine
    2011/10/11 08:05:25 nm
    ek en mu ou het soo hulle musiek geniet ons doen nou nog maar dit soo swaar om te weet die een wat al die grape en sports gedoen het het dit ongelikig nie deer gebring in die ongeluk my hart gaan sooo uit na sy male toe ek wwt hoe dit voel. en ek se my enage simpanie groete geraldine
  2. Zania De Klerk
    2010/11/26 09:10:15
    Ai Ou Rapie knapie ons gan jou mis .... Julle was die rede vir ons vryaand kuier sessies , da was ons saam in die dj ossewa groep!!
  3. ANNEKE
    2010/09/08 12:22:03 nm
    When God opened the window of Heaven and saw me. He asked: "What is your wish for today?" I said: "Lord! Please take special care of the DJ Ossewa band and family members in this sad time."
  4. Sarie Esterhuizen
    2010/09/07 03:17:04 nm
    Dit was 'n bitter geweldige skok vir die ouers!! Dink aan die groep en alle sterkte voorentoe. Vir die groep sowel as die ouers van Raapie.
  5. Dorette
    2010/09/07 11:54:49
    Baie sterkte aan DJ Ossewa en Raapie se familie, vriende en meisie. God sal julle deur die swaar tye dra. Ons gan hom baie mis. Aan al die ander lede word gou beter en gan voort met die wonderlike werk wat jul vir afrikaans musiek doen. Groete Wynand en Dorette van Parys
  6. Gerrie
    2010/09/06 10:35:53 nm
    Ai die lewe is so kosbaar, en vriendskap so nice, wel Raapie jou vrede is in jou hart, jou vriende en jou aanhangers sal jou mis jy is en bly in almal se gedagtes. Dit is sad maar daar waar jy nou is is jy beter af, daar waar jy nou is, sing jy soos 'n nagtegal soet soet melodies. Jy bly in almal se harte....
  7. tex grobler en familie
    2010/09/06 12:26:02 nm
    sterkte aan d j ossewa en familie mag die HERE julle seen.
  8. cecilia
    2010/09/05 06:46:05 nm
    Dit is sulke slegte nuus wat ons gehoor het.........Raampie was nog so jonk....sy ouers se enigste kind......ons kan net bid dat Jesus sy ouers en familie en vriende sal vertroos,sal lei,sal help dat hulle hierdie verlies sal verwerk...dis vreeslik...hy sal nooit sy huis sien wat sy ouers vir hom besig was om te bou nie,...maar hy het reeds n voorsmaak van ons hemelse woning in die hiernamaals.Sterkte,klink so gering...beteken so min...maar weet dit,al ken ons julle nie,is jul in ons harte en gebede.... Groete.xxx
  9. NOELEEN HOFFMANN
    2010/09/05 03:19:54 nm
    AAN DIE OUERS VAN RAPIE KNAPIE EN LEDE VAN DIE GROEP, EK DINK AAN JULLE MORE MET
    DIE BEGRAFNIS. JULLE IS IN MY GEBEDE. MY HART IS NET SO SEER EN OM TE DINK EK EN MY
    GESIN HET AMPER OP DIE ONGELUK AFGEKOM MAAR SOOS DIT BESTEM WAS HET ONS DAARDIE SONDAG ONBEWUSTELIK BESLUIT OM 'N ANDER PAD TE RY, NET SO HET ONS VADER OOK BESLUIT OM 'N ANDER PAD MET RAPIE TE LOOP. RAPIE, JY WORD GEMIS DEUR
    DUISENDE AANHANGERS!!! OSSEWA TREK DEUR DIE DRIF EN GAAN VOORT!
  10. Riiana Westraadt
    2010/09/05 12:40:46 nm
    Ag my hart so seer, ek het n dogtertjie sy nou 7 geword haar naam Jeanine sy baie spesiale kind. Sy was so lief vir ou varkie, sy weet van Jesus en sy se hy doedoe by hom.. Ou Rapie jou legende en pragtige glimlag sal altyd in ons harte wees en jy sal altyd voortleef in jou CD's.

    Aan die Band moenie nou op gee nie gaan voort en laat Rapie voortleef in julle, al is hy nie daar in vlees nie sal hy in Gees daar wees. Ons Westraadt's dink aan julle almal familie en vriende en self sy meisie!

    Ek gaan die totsiens se nie want, eendag sal ons mekaar weer ontmoed so ek gaan se sien jou gou weer Rapie.......
  11. Myna Viljoen
    2010/09/03 08:50:04 nm
    Daar is nie woorde vir wat gebeur het nie,maar ons dink aan al sy familie en vriende wat agter bly.Sterkte op die pad vorentoe. Dink net ons kan sy streke en maniere laat voorleef wat hy so op die verhoog uitgehaal het,en so vir ons self lag want Rapie sou.
  12. Agnes
    2010/09/03 05:25:04 nm
    shoe groot was my skok toe ek hoor van japie knapie was net een keer op die nuus en daarna niks verder kyk nooit nuus en toe is daar verder niks sterkte al wat ek kan doen is bid vir julle en julle geliefdes sterkte sterkte agens
  13. Vania Burger
    2010/09/03 04:01:07 nm
    Ons is op geleende tyd hier op aarde!! Dinge gebeur so vinnig en ons moet altyd gereed wees. Ons dink veral aan die familie. Aan die lede van DJ Ossewa, sterk wees, julle is in ons gebede!! Ons treur saam met julle!
  14. Mariska
    2010/09/03 03:16:49 nm
    Dit is baie bad oom te hoor van hom. Hy was altyd vriendlik en het altyd gesels ek sal hom mis R.I.P Dwayn
  15. adrie stander
    2010/09/03 02:52:57 nm
    Dit is so hartseer om so 'n jong mens te verloor en dan nog een wat so baie mense so lekker kon laat lag. Aan die groep wil ek se julle kan nog voortgaan met wat julle doen julle is great. Aan Raapie Knaapie se ouers, julle kind het sy plekkie geskrop in die vermaaklikheids wereld. Sterke aan julle en "God Bless"
  16. Di Viviers
    2010/09/03 01:46:09 nm
    Ek bly in Engeland en het laas jaar vir die eerste keer DJ Osewa by die Immegroen Fees in Londen gesien en hulle het die fees "gemaak", hulle was great!!! Raapie Knaapie jy gaan baie gemis word en ek wens vir jou familie en band maats baie sterkte. x
  17. Maritza Moolman
    2010/09/03 01:34:30 nm
    Sterkte aan Rapie se vriende en familie!
  18. Ronel
    2010/09/03 01:15:02 nm
    ek het Woendagaand Kwela gekyk op Kyk-Net en my hart gaan uit aan die ander in die groep, julle moet weet almal dink aan julle. Aan sy ouers baie sterkte vir die tyd wat voorlê, mag God julle vertroosting gee.
  19. Maretha Steyn
    2010/09/02 06:34:01 nm
    R.I.P Raapie!!
    Sterkte aan sy familie en die res van die groep. Ons almal treur saam met jul.
  20. Petro Manley
    2010/09/02 04:39:00 nm
    Raapie gaan gemis word. Sterkte aan die ander lede en familie en vriende. Ek hou jul en my gedagtes en gebede.
  21. Leoni Wiese
    2010/09/02 12:38:19 nm
    Baie sterkte aan al die oorblywende DJ Ossewa lede. Aan julle families wil ek net dankie sê dat julle julle geliefdes met ons deel... Wees verseker dat ons vir julle almal bid!
  22. Zenobia
    2010/09/01 04:04:48 nm
    Sterkte vir julle band voorentoe. Ons dink aan julle in die tyd van hartseer en pyn. Sterkte aan sy famielie ook. Julle almal is in ons gebede.
  23. Janita
    2010/09/01 07:26:41
    Ek is n groot fan van julle groep.Sterkte dink aan julle en aan die ouers van Raapie die HERE het hom nodig.Sterkte aan almal
    van Marais (groot fans) van julle
  24. Maricha
    2010/08/31 07:44:43 nm
    Hi daar! ek wil net vir tempo-huisgenoot se dankie vir die onderhoud met DJOSSEWA. Ek is n groot aanhanger van die groep. Dit is net vir my baie hatseer om te hoor van Dwayne Venter alias-Raapie Knaapie. Dit was vir my n groot skok om dit te hoor. Ek wil net vir die res van die lede wat oor gebly het se sterkte en dink aan hulle en daar hulle op in my gebede.
  25. francis
    2010/08/31 07:21:42 nm
    My hart gaan uit na Rapie Knapie se familie. ek dra hul op aan die Here in die dae. Ons gaan hom mis. Sterkte ook aan die res van DJ Ossewa jul was en sal altyd awesome bly.
  26. Salome Gouws
    2010/08/31 06:21:24 nm
    Aan al Rapie se geliefdes wat agterbly, mag God jul krag gee in hierdie hartseer tyd. Ek het DJ Ossewa in 2009 vir die 1ste keer sien optree, en watse plesier was dit nie.... Lekker om grappies te hoor sonder dat dit vulger is. Sy plekkie gaan verseker leeg wees op die verhoog!
    Baie sterkte ook aan die groep, maak maar die beste van 'n slegte saak.
  27. Nella
    2010/08/31 03:17:12 nm
    Simpatie is so hartseer, as iemand jou laat lag het, het jy gedink trane van geluk sal nooit kan om sit in soveel smart. Raapie Knaapie (Dwayne Venter). Jou stem, jou lag jou karakter was vir ons gegee om net weer te besef dat die lewe geleen is. Jy was besonders en ons gaan jou mis. Geniet die Hemel en weet jy sit langs ons Koning en ons begeer daardie sit plek. DJ ossewa julle is in ons harte en gebede en almal wat daardie Knaapie geken het, hom geleen het, Ons dra julle op in elke Liewe Jesus Gebedjie...Altyd Raapie... Jou grootste Fans...(Nella, Freddy, JP & Johvan)...
  28. Nimiesia
    2010/08/31 03:10:33 nm
    Ons innige simpatie aan die famielie met die groot verlies.Hy bly lewe in ons harte.Wees sterk in Jesus naam.
  29. Desire van der Walt
    2010/08/31 03:09:59 nm
    Aan al die gesinslede en die groep van DJ Ossewa. U is in ons almal se gebede... Dit is n groot verlies vir ons almal. ma hy sal altyd onthou word.

    En mag die lede van die groep vinnig herstel... hul is in ons gedagtes
  30. Marianna Smit
    2010/08/31 12:38:49 nm
    Dwayne - Raapie Knaapie. Ons het jou laas by die Leipoldtville Fees gesien! Dit is juis oor julle dat ons die fees bygewoon het!. Ons gaan jou vreeslik mis maar sal altyd die mooi tye onthou!! Sterkte aan DJ Ossewa en familie.
  31. Helene Van Schalkwyk
    2010/08/31 12:23:50 nm
    Baie sterkte aan Raapie se familie en ander span lede.
    Ons dink aan jul met jul groot verlies.
  32. sylvia fourie
    2010/08/31 10:36:09
    ek sit hier in new zealand en huil my oe uit.Ag toggie raapie ons gaan jou so baie mis....sien jou in die hemel......
  33. Leoné Janse Van Rensburg
    2010/08/31 10:34:39
    Ai ou Raapie....ons gaan jou so baie mis... julle het laasjaar by ons skou hier in Pietersburg opgetree en dit was die eerste keer wat ek julle sien optree het, ek het jou "gelove".....met 'n knop in die keel en 'n traan op die wang...groet ons jou..en weet jou plekkie daarbo is net vir jou geboek..jy gaan 'n jol hé daarbo!!! Sterkte aan die groep, Familie en Vriende. Julle word in my gebede opgedra.
  34. Antoinette Du Preez
    2010/08/31 09:05:36
    Aan Raapie Knaapie se familie en mense wat na aan hom was wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om vir hulle baie sterkte toe te wens met die verlies van so 'n pragtige mens.Mag GOD julle deur die moeilike tyd dra.STERKTE aan julle almal ons dink aan julle en BID vir julle vir wonderlike krag van BO.
  35. Ansie Leimecke
    2010/08/31 08:18:27
    Aan Raapie se familie en die groep DJ Ossewa. Geen woorde gaan die pyn ligter maak wat julle nou het nie. Weet net Jesus het Raapie nodig in die Hemel en dit is waar hy nou is. Ons gaan hom ook baie mis. Rus in vrede ou Raapie. Sterkte aan die familie en vriende. Julle is in my gebede.
    Groete.
  36. Abri
    2010/08/31 08:16:53
    Aan al die lede van DJ, sterkte "vriende", mag julle krag kry om hierdie gebeure te verwerk en mag julle Sy seen in die tyd beleef, en moet nie ophou nie, gaan voort met julle uitstekende werk, en mag julle geseen wees met 'n waardige plaas vervanger vir Raapie. Niemand kan 'n varkie vang soos Raapie, maar iemand anders sal iets ander na julle groep bring. Aan die geliefdes van Dwayne, julle sal in ons gebede bly vir krag en verwerking. Sterkte en hou ons asb op hoogte met julle vordering. Ons sal steeds groot ondersteuners bly....
  37. Marlene
    2010/08/31 07:53:31
    ja, soveel hartseer - hoeveel ander jongmense is ook Sondag dood waarvan ons nie weet nie . . .
  38. Liezel Van Schalkwyk
    2010/08/31 07:16:58
    Baie Liefde en sterkte aan Raapie se familie en lede van groep.
    vertrou op liewe JESUS HY is met julle.
  39. Helene Van Schalkwyk
    2010/08/31 07:13:36
    Sterkte aan Raapie se familie mag JESUS met jul wees.
    Ander lede van groep ons dink aan julle.
  40. MEISIE
    2010/08/31 07:06:34
    ONS INNIGSTE SIMPATIE AAN RAAPIE SE OUERS EN FAMILIE. RAAPIE JY WAS BAIE GELIEFD ONDER JULLE BEWONDERRAARS EN ONS GAAN JOU ONTSETTEND MIS. MAAR JY SAL NOOIT VERGEET WORD NIE. RUS IN VREDE.
  41. LEA PRINSLOO DU PLESSIS
    2010/08/31 12:18:06
    Dwayne jou stem is stil maar in gees sal jou stem ALTYD met ons wees. RIP my vriend.
    Al die ander lede van die " band" STERKTE ek dra jul op in gebed.
  42. Magda
    2010/08/30 10:57:36 nm
    Raapie ons gaan jou baie mis. Jy het baie diep in mense se harte gekruip met jou fyn humorsin en grappies. Dit sal altyd onthou word. Aan al die ander lede. Ons bid dat Die Here julle in hierdie tyd sal krag gee om voort te gaan met dit wat julle begin het. Ja, dit is moeilik om so iemand se plek te vervang wat so talentvol was en ook 'n goeie vriend vir julle. Gelukkig kan julle dink aan die goeie herinneringe saam met hom. Aan sy ouers baie sterkte in hierdie tyd. Ons bid dat Die Here julle sal vertroos en versterk in hierdie tyd. Ons bid vir julle.
  43. Adriana Muller
    2010/08/30 09:43:17 nm
    Ons dink aan die familie en vriende, Sterkte vir hulle..
  44. leonie
    2010/08/30 09:16:18 nm
    DIT IS SO HARTSEER OM TE HOOR DAT IEMAND SOOS RAAPIE NIE MEER DAAR IS OM ANDER MENSE MENSE SE DAG TE MAAK MET AL HULLE SNAAKSE DOEN EN LATE ONS GAAN JOU MIS RAAPIE RUS IN VREDE EN ALLE STERKTE VIR SY FAMILIE EN VRIENDE.
  45. Johann Steffen
    2010/08/30 08:55:02 nm
    Dwayne Venter - Raapie Knapie Ons weet waar jy jou nou bevind, dit maak dit egter nie makliker vir die wat agter bly nie. Aan sy Vader en moeder en familie en al sy band lede ons innige simpatie. Ons dra julle in ons gebede en weet ons bly lief vir julle, Ons sal Raapie nooit vergeet nie. Jesus ek vra dat U hom teen U bors vas druk en nooit onder U vlerk laat uit gaan nie. Johann, Elma en Werner
  46. Corneli Williams
    2010/08/30 08:30:59 nm
    Dit is een van my hartseerste dae ooit! Dit voel so onregverdig, Raapie jy was en is maar nog 'n onskuldige kind, dierbaar en liefdevol. Jy is so jonk en so onnodig van almal af weggeneem. Ons harte is gebreek, ons sal altyd aan jou dink en hunker na jou laggie en grappies. Jammer vir Piet, Jerbes, Daniel Jacobus en Raapie se familie en sy meisie, en al die vriende wat hom ewe lief gehad het. Ons harte is net so seer en die trane net soveel!! Mag God julle in Sy Hand koester en troos en die pyn en verlange ligter maak!
  47. Swannie
    2010/08/30 08:04:54 nm
    Sal hom mis, maar die Here sal berusting en vertroosting gee. Bid vir almal ,sy familie en vriende.
  48. Yolande Trollip
    2010/08/30 08:03:19 nm
    Ons is slegs geleende stukkies GOUD op aarde om mekaar se lewens te verryk, Rapie is een van die blinkste stukkies in GOD se koningkryk. Ons innige simpatie en meegevoel met sy familie, hy sal baie gemis word. Dink aan sy familie en die ander lede van die groep!!!!!!!!!!
  49. Lorraine Schreiber
    2010/08/30 08:03:00 nm
    Raapie was 'n ster. Sterkte aan Raapie se familie en die groep wat moet aangaan. Ons gaan hom baie mis. Mag julle troos vind.
  50. Nicky
    2010/08/30 07:33:54 nm
    Dink an Raapie se familie,dis so sad. Sterkte an dj ossewa!
  51. Riaan Labuschagne
    2010/08/30 07:30:44 nm
    Manne ons voel saam met julle, dis n donker tyd maar sterkte en ons bid vir julle en ook Raapie se familie, mag ons Hemelse Vader julle troos en jul trane afdroog. Hy sal julle bemoedig en Sy juk is sag. Sterkte manne hoop julle is gou we terug.
  52. Christa L Louwrens
    2010/08/30 07:18:40 nm
    Wat 'n groot verlies vir ons Afrikaanse musiek...........Raapie Knaapie.........daar was tien van jou soort....en jy WAS al tien gewees.....die band gaan nie meer dieselfde wees sonder jou nie......jy gaan gemis word. Jy is in al ons Suid-Afrikaanse harte gegraveer........xxxxx
  53. Marianne
    2010/08/30 07:04:48 nm
    Baie hartseer nuus! Sterkte vir die toekoms vorentoe.
  54. ADRI GERBER
    2010/08/30 05:46:57 nm
    Wat n groot verlies,, dit was my 5 jarige se gunsteling, gaan jou baie mis!!!!,,, Laat die kindertjies na my toe kom, en moet hulle nie verhinder nie, want die koningkryk van God is juis vir mense soos hulle. (Mark: 10:14). My hart gaan uit na sy familie & die ander lede van DJ Ossewa.
  55. Elmarie du Plessis
    2010/08/30 05:20:14 nm
    werklik n roerende gebeurtenis...ai ek begin sommer weer van voor af huil =(
    baie sterkte vir sy naasbestaandes en die lede wat oorbly van dj ossewa ..
    liewe Jesus het 'n plan vir ons almal en lewe het die manier om vir die beter uit te werk ...al voel dit nie nou so nie ...weereens baaaaaaaaaaaaaaaaaaaie sterkte en my innige simpatie
    love you Raapie -jy sal vir altyd in my hart en gedagtes bly-
  56. Tertius Spies
    2010/08/30 05:06:42 nm
    Rapie - Woorde gaan jou nie terugbring nie- Ons gaan jou baie mis. Sterkte aan al die ander en hulle families.
  57. koos mong
    2010/08/30 04:16:01 nm
    dit is regtig hartseer om te hoor van die afsterwe van n man wat altyd die lag in enige persoon kan uit bring. Maar aan die res van die groep wil ek net se hou julle koppe om hoog kerels. Raapie knaapie sou dit ook so wou he.
  58. ANNETTE VAN ROOYEN
    2010/08/30 03:35:30 nm
    Rapie daar was net 1 van jou gewees. Liewe Jesus het die mooiste blommetjie kom pluk hier op aarde. Nou is jy sy ou blommetjie. Ons gaan jou so baie mis. Sterke aan die ander lede.
  59. ellen
    2010/08/30 03:34:16 nm
    ons as gesin was nog in skok oor `n verlies in ons familie om 4hoo gistermiddag toe ons hoor van raapie se dood oor juke box ons innige simpatie aan almal wat na aan hom is ons pienaars treur saam so ook die hele suid afrika (sorry my hart is so seer kan nie eers tik nie)
  60. Leandra
    2010/08/30 03:18:03 nm
    Dit is altyd hartseer om te hoor van so iets. Mag die Here by die familie en die vriende wees. Sterkte en weet dat daar vreeslik baie mense is wat sal help dra aan die las, al voel dit nie of dit gaan help nie. Met baie liefde, die Van Wyk's
  61. Antoinette
    2010/08/30 03:13:35 nm
    Ai die nuus is darem sleg! Ek het hom die meeste van die groep geniet. Ek hoop hulle sal iemand kan kry wat sy skoene sal kan volstaan...maar dit sal baie moeilik wees. My innige simpatie met sy familie en vriende...
  62. Patsy Blignaut
    2010/08/30 03:00:14 nm
    Sterkte vir julle almal vorentoe, ons het net nou die dag so lekker gekuier op Dolosfees
    Richardsbaai. Hou net aan musiek maak, dis terapie.
  63. Lorraine Griffin
    2010/08/30 02:48:13 nm
    Jammer vir jul velies van n vriend en lid van die span. Simpatie met Raapie se familie.
  64. Rita
    2010/08/30 02:29:56 nm
    Ai, ou Raapie ons gaan jou vreeslik mis. My kleinseun was net so mal oor jou. Veral varkie vang! Baie sterkte aan julle almal in hierdie swaar tyd. Julle is in ons gebede. Hou net moed en baie sterkte.
  65. Rene Clark
    2010/08/30 02:03:08 nm
    Ai ons hier in die verte in Australia is net so jammer om dit te hoor - ons as gesin kyk hulle dvd's gedaan. Hoe vervang n mens so n persoon - sterkte manne en bou voort op wat julle het hy sal altyd saam julle op die verhoog wees.
  66. Leandre Kriel
    2010/08/30 01:59:15 nm
    Baie sterkte in die tyd aan amal wat naby aan Raapie was! Ons gebedens is met julle!
  67. Jan Meyer
    2010/08/30 01:52:00 nm
    Raapie RIP! jy sal moeilik vervang word!! Aan die res van die Band Sterkte manne herstel gou en maak dan weer `n comeback!!
  68. Susan
    2010/08/30 01:47:33 nm
    Jammer om te hoor van jul maaitjie se afsterwe. Sterkte aan sy maats en gesin. Dink aan jul in die hardseer tyd.
  69. Marie Eksteen
    2010/08/30 01:41:40 nm
    Dwayne, Rapie. geliefde vriend en grapjas, dit voel asof ons in 'n droom is. Ons kan nie glo dat ons jou nooit weer gaan sien nie. Rus sag maatjie. Sterkte aan Piet, Leeuboer en Daniel. Julle het 'n wonderlike vriend verloor en ons dink aan julle. Aan Maresa, Mike en Vanessa en die familie, ons innige simpatie. Ons treur saam met julle.
  70. GERT VENTER
    2010/08/30 01:08:15 nm
    MANNE ONS VOEL ALMAL SAAM MET JULLE ONS GAAN HOM OOK NET SO BAIE MIS MAG DIE TYD WAT VOORLE VIR JULLE NET GAOED GAAN STERKTE EN ONTHOU JUL AANHANGERS BLY NOG WORD NET MEER
  71. Monika Brand
    2010/08/30 01:06:48 nm
    Ai Dwayne, ons het saam verjaar en dit nie eens geweet nie, dankie vir die lekker tyd op Leipoldtville Kuierfees, gelukkig kan 'n mens memories vir altyd hou... Innige simpatie met die res van die groep, as ons so voel wat hom een keer ontmoet het, kan ek nie eers begin dink aan hoe julle moet voel wat saam met hom geleef het nie. Ek dra julle op aan ons Hemelse Vader en vra dat hy julle sal bystaan want julle het 'n moeilike tyd wat voorle. Ook so aan sy ouers, onthou dit is okay om te huil. Moenie sterk wees vir ander mense nie, julle moet rou. Ons almal rou....
  72. MAGDA ROUX
    2010/08/30 01:05:21 nm
    JULLE MANNE, WOORDE KAN NIE BESKRYF HOE EK GEVOEL HET TOE DIE NUUS ONS BEREIK NIE. BAIE STERKTE AAN DIE VAN JULLE WAT OORBLY EN ONTHOU DAT IEMAND NOOIT WEG IS AS HY IN JULLE HARTE VOORTLEEF NIE. GOD GAAN JULLE ASOOK DWAYNE SE FAMILIE IN SY GROOT STERK HAND VASHOU EN VERTROOS.
  73. Tanya de Bruyn
    2010/08/30 01:04:02 nm
    Raapie Knaapie - ons gaan jou mis ! dit was n groot skok gewees vir ons - Sterkte aan jou groep
    en familie.
  74. Lizelle Haasbroek
    2010/08/30 12:59:15 nm
    Dit was werklik 'n groot skok, ons het Vraydag aand hulle vertoning gaan kyk in Welkom, dis was die eerste keer dat ek hulle vertoning gesien het, en ek was net verbaas oor die verskillende ouderdomsgroepe wat die groep trek....dalk omdat hulle mens werklik laat skatter lag, ons almal het dit tog so brood nodig! Die feit dat die grootte man, soveel energie en ritme en pasies kan toon op die verhoog was net so verstommend....JY SAL VERSEKER GEMIS WORD DEUR DUISENDE AANHANGERS EN FAMILIE. Sterkte aan die families, vriende en kollegas in die swaer tyd! Dwayne was 'n ster!
  75. Jacoba Visser
    2010/08/30 12:53:26 nm
    Rapie jy was, is en sal altyd my 2 dogtertjies se "hero" bly. Jul DVD haak al van al die kyk, maar daar gaan nie 'n dag verby sonder dat Rapie sy gediggies vir hulle vertel het of dat hulle nie saam met jou "Varkies gevang" het nie. Ons sal jou NOOOOIIITTT vergeet nie. Dankie vir die mens wat jy was.
  76. Babs Chamberlain
    2010/08/30 12:48:47 nm
    Raapie jy was my favourite en ek was mal oor jou gaan jou mis my gebede aan die famile wees sterk ek het altyd doodstil gesit as mjulle op tv kom net om vir julle te kyk God het n doel met elkeen van ons
  77. Martie
    2010/08/30 12:47:51 nm
    Ons kan jul net aan Onse Here opdra. Dit is vir ons baie hartseer. Japie ons gaan jou mis. Strekte.
  78. Marisca Lubbe
    2010/08/30 12:44:59 nm
    Dit is vreeslik hartseer, hy was nog so jonk gewees. Dis waar wat n bekende gese het hy was die "gom" van die band. Raapie Knapie ons mis jou al klaar. R.I.P
  79. Desray Olivier
    2010/08/30 12:35:45 nm
    My inige meegevoel aan die band en aan Raapi se naasbestaandes. Raapi se dood los 'n groot leemte in Afrikaanse musiek en kuns. Aan die band wil ek net se gou gesond word ouens en ek dink aan julle. Dit is soooooooooooo SAD
  80. Jacomien Barbosa
    2010/08/30 12:33:26 nm
    To talk to God, no breath is lost; to walk with God, no strength is lost; to wait for God no time is lost; always trust God & U won't get lost..........!!!!!! Raapie ons gaan jou baie mis!!! Sterkte vir die familie en vriende en die res van die groep wat oorbly!!! Ons innige simpatie!!!!
  81. Monique Botha
    2010/08/30 12:15:03 nm
    Ai manne, wat 'n tragedie.... Groot skok gewees. Kan nie dink hoe jul moet voel nie. Ek is bly ek kon jul almal onlangs sien... Onthou net, jul 'n "awesome", moet seblief nie stop nie... Ek sal jul altyd ondersteun. Sterkte aan Dwayne se familie & vriende.

    Ons treur saam....

    Liefde,
    Die Botha's & Burgers
  82. Karica Joubert
    2010/08/30 12:03:30 nm
    Ai die lewe is net so kort dis baie hartseer ek dink aan julle almal se verlies.Die Here het weereens sy mooiste blom kom pluk.Sterkte vir julle groep net tyd kan genees daar is nie pille of iets wat jy kan gebruik om die hartseer weg te vat nie.My gebede is by julle STERKTE!!!
  83. Annetjie Dembskey
    2010/08/30 11:56:00
    Dit is baie hartseer,innige simpatie aan die familie en sterkte vir die ander lede.Glo en Vertrou dat Jesus julle die krag sal gee om deur dit te kom!!
  84. Anelia
    2010/08/30 11:46:15
    Dit is soos om van 'n vriend se dood te hoor. Ek weet nie wie was die hartseerste nie- ek of my twee meisiekinders. Mannewalus is vir seker die DVD wat die heel meeste in ons huis speel. Ons gaan vir Raapie mis.
  85. Corne Lotter
    2010/08/30 11:45:42
    Dit was n groot skok vir die land, dit is so hardseer het nie woorde nie
    aan al sy familie en meisie,fan baie stekte ons sal hom altyd onthou
    hy was n goeie mens het altyd lekker gelag,,,Raapie sal jou altyd
    onthou R.I.P
  86. Sanché Vermaak
    2010/08/30 11:21:07
    Ons innige simpatie aan Dwayne Venter-alias Raapie Knaapie se Familie en vriende met die groot verlies en ons dra jul ook in Gebed. Ons HemelPappa is ons groot trooster en sal al die trane afvee en ons herinneringskassies vul met die mooiste onthou van Raapie. Ons gaan jou mis maaiQ. Rus in vrede.Sterkte ook aan res van DJ Ossewa. Liefdetjies Sanché en Kobie Vermaak.
  87. Elize Spice
    2010/08/30 11:09:20
    Dit is baie hartseer om dit te hoor. Raapie ons gaan jou baie mis en sterkte aan die res van die groep manne en aan die famielie ons gebede is met julle

    Ons sit n takkie "yesterday,today,tomorrow" langs jul neer om vir jul te se Jesus is gister,vandag en more dieselfde. Hy hou jul as gesin vas, want jul is kosbaar.

    Mag God vir jul wees: n reenboog in elke storm , n antwoord op elke gebed en n seening in elke beproewing !

    Jul is in ons gebede en gedagtes!

    Groete
  88. Desiré Rossouw
    2010/08/30 11:06:13
    Innige Simpatie aan Dwayne Venter (Raapie Knaapie) se familie en DJ Ossewa met die groot verlies! Julle is in ons gebed. Alle sterkte vir die pad vorentoe.
  89. Chantelle Ellis
    2010/08/30 11:02:55
    Gan vir ou Rapie baie mis!!!!! My gunsteling was altyd om se gedig oor "Die Vis" te hoor! Sterkte aan die res van die groep ons bid vir julle, baie sterkte aan Rapie se familie & meisie!!!!!
  90. Alex
    2010/08/30 11:00:52
    Onthou die goeie tye, dan sal hy altyd hier wees.
  91. Trudie
    2010/08/30 10:56:56
    Baie sterkte aan Raapie se familie, ons dink aan julle. Sterkte DJ Ossewa.
  92. Zelna Wheeler
    2010/08/30 10:52:23
    Ai my hart huil saam met DJ Ossewa groep. Ek bid vir krag vir die 3 manne wat oor bly, mag Jesus jul elkeen toe vou en die nodige krag en ondersteuning gee wat jul nodig mag hê. Raapie ons salueer jou, jy was awasome. Aan Raapie se familie en vriene, sterkte en weet dat God het 'n doel met elkeen van ons, mag hy elkeen in die familie die nodige krag en ondersteuning gee wat jul ook nodig mag hê. DJ Ossewa God gaan jul weer elkeen oplig na hierdie tragiese gebeurtenis, en onthou God gaan nie 'n deur toe maak en dit daar los nie HY gaan weer vir julle 'n 4de lid stuur wat jul weer plesier en pret gaan besorg. Liefde Die Wheeler's in Burgersfort Limpopo
  93. Riana Simms
    2010/08/30 10:45:25
    Here vandag bid ek vir die familie, vriende en groep lede van Dwayne. Gee hulle asb krag om deur hierdie beproewing te kom, een dag op 'n slag. Vertroos U hulle.

    Sterkte ouens.
  94. Elmarie Bergakker
    2010/08/30 10:38:11
    Hartverskeurend dat groep hulle lid verloor.Wat alles nou so duister maak vir hul almal. Mag God die lig aan die einde van die donkerte wees. Sterkte!!!!
  95. Jo-anne Grobbelaar
    2010/08/30 10:37:04
    Daar gaan "neva" weer `n "dull moment" ini hemel wees nie.......sterkte aan die familie en lede van die groep.
  96. Wilma Alberts
    2010/08/30 10:24:45
    Dit is verskriklik, ons innige simpatie aan DJ Ossewa. Julle is in ons gebede.
  97. Genevieve Joubert
    2010/08/30 10:24:04
    Dis so hartseer! My hart gaan uit na almal wat naby hom was. Sterkte!
  98. Annetjie du Toit
    2010/08/30 10:22:53
    Dis skokkende nuus, my hart huil vir hierdie familie en die lede van die groep. My gebede is met julle almal..
  99. Barbara fouche
    2010/08/30 10:19:25
    dis so hartseer hy is onvervangbaar dink aan al sy familie en vriende ons gebede is met julle , kom ons onthou hom vir die mooi grapjas , sy herrinneringe sal altyd vir ons voortbly staan
  100. Carol van Zyl
    2010/08/30 10:15:26
    Mag God julle almal styf vashou in hierdie tyd van hartseer. Raapie sal onthou word. Laat sy Legasy voortleef. Hy was daar om baie glimlagte op gesigte te sit. Jesus sal met 'n glimlag nou na hom kyk
  101. san louise glynos
    2010/08/30 10:09:30
    wil net se sterkte vir almal en dis baie erg om iemand te verloor
  102. marisa matthee
    2010/08/30 10:07:36
    sterkte aan die groep en Raapie Knaapie se famielie so iets is nie maklik om te verwerk nie.
    en die lewe is is soooo kort laat mens net besef dat mens elke dag ten volle moet lewe.
  103. Elaine Blignaut
    2010/08/30 09:37:52
    Baie jammer om te hoor van die groot verlies. Sterkte aan julle almal en ook aan Raapie se familie en vriende. Ons dink aan julle. Mag Liewe Jesus die ander lede van die groep bewaar en gou beter laat word. Ek dink duisende Suid-Afrikaners huil vandag saam met julle. As ek dink aan al die lag en lekker kuier saam met julle. Raapie Jy sal beslis gemis word. Rus in vrede maatjie.
  104. Annatjie Pretorius
    2010/08/30 09:22:35
    Baie sterkte aan DJ Ossewa met hul groot verlies en baie baie sterkte aan Rapie se familie
  105. Koekie Goosen
    2010/08/30 09:21:36
    Raapie ons gaan jou baie mis.... Ons innige simpatie met sy familie en sangmaats van DJ Ossewa
  106. Amarisca
    2010/08/30 09:10:01
    Ek kan nie glo dat so iets gebeur het nie, dit het my net weer eens laat besef dat die lewe nie verewig kan wees nie! sterkte aan die groep en hulle familie.
  107. Charmaine Viljoen
    2010/08/30 09:08:47
    Ai dis so hartseer. Hulle is so oulike groep manne. Kan my morsdood lag vir hulle mannewales. Ons sal ou Raapie mis. Ons gebede is by die ander lede van die groep en hul familie!!
  108. Mary White
    2010/08/30 09:08:22
    Dwayne Venter alias - Raapie Knaapie - Jy IS 'n LEGEND en gaan baie gemis word. May the LEGEND live on in our harts and minds
  109. Thea Pringle
    2010/08/30 09:03:17
    Dis so sad! dink aan die lede van die groep!