Ver in die ou Kalahari saam met Elizma

E-pos
Print

Dit is vroegoggend in die Kalahari en in die Theron-huishouding aan die buitewyke van Kuruman is daar groot opgewondenheid: Die sanger en aktrise Elizma Theron (27) is wel ’n besige meisie, maar sy het eenvoudig die tyd van êrens opgetower om vir haar ouers en broer en suster op hul kleinhoewe op haar grootworddorp te kom kuier.

Sy probeer darem minstens vyf keer per jaar hier uitslaan, en wat die res betref, moet sy en haar ouers maar tevrede wees met beplande ontmoetings waar sy ook al in die land optree. Soos by die KKNK, nou al ’n jaarlikse Theron- instelling.

Maar dit is hier op Kuruman in haar ouerhuis dat sy die lekkerste saam met haar mense kuier.

Teen ontbyttyd vul die reuk van vars gebakte brood die kombuis terwyl ma Elmarie konfyt en botter op die tafel neersit. Elizma wil dadelik een van die korsies gaps, maar haar ma keer haar.

‘‘Los!’’ sê Elmarie kamma kwaai. ‘‘Maar Ma!’’ protesteer Elizma. En kort voor lank smul sy aan die tuisgebakte broodkorsie waarop sy ’n dik laag botter gesmeer het.

Elizma en hul ma baklei altyd so oor die korsies, verklap kleinsus Su-Mari (19). ‘‘Maar soms, terwyl hulle nog daaroor redekawel, dan steel ek dit sommer so onder hul neuse uit!’’ sê Su-Mari wat vanjaar LL.B. deur Unisa studeer.

Pa Jó en ma Elmarie was nog altyd hul oudste se lojaalste ondersteuners en hulle sal steeds baie maklik die langpad vat na een van haar optredes. En as dit KKNK-tyd is, pak Jó en Elmarie hul tasse vir die 1 000 km lange rit na Oudtshoorn.

Hulle kyk waarna hulle kan, en dis baie, maar mis geen enkele van Elizma se vertonings nie.

Hul roetes met vakansies word ook maklik so beplan dat hulle op ’n spesifieke aand saam met Elizma op ’n spesifieke dorp kan wees. So was dit nog altyd – Elizma op die verhoog en Ma en Pa op die agtergrond om haar te ondersteun. Aan die begin het hulle selfs haar bemarking gedoen.|

‘‘Ons was haar amptelike CD-verkopers en tasdraers,’’ spot pa Jó met ’n koppie koffie in die hand.

Lees die volledige artikel oor Elizma in die lente-uitgawe van Tempo.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (5)


  1. illise cilliers (11)
    2011/08/20 07:48:36 nm
    elizma ek het nie geweet jy kan ook skiet nie ek is lief vir die plaas en will graag nog ook skiet lekker bokke skiet en sing liefde illise cilliers (11) mmmmwwwwhaaaa!!!!!!!!!!!!
  2. Barbara
    2010/09/22 12:20:30 nm
    Sjoe, ek dink Elizma is regtig n pragtige jong vrou, met n wonderlike stem! Elizma hou so aan ek is regtig mal oor jou musiek. Soggens 5 uur sit ek my TV op kyknet en dan al die mooi musiek videos van jou, dis regtig pragtig, hou so aan. Dis regtig n plesier om jou op die verhoog te sien.
  3. Rina
    2010/09/07 10:20:31
    Dit is sooooooo lekker om iemand so gelukkig te sien, sy is 'n pragtige mensie en so welkom in haar ouerhuis. Dis mooi om sulke nou familie bande te kan he. Dit bring die mooi van binne uit na buite. Hou so aan.
  4. Sarie
    2010/09/04 12:18:21 nm
    Kan sien dat die innelike skoonheid buiten toe straal. Elizma bly asseblief net soos jy is!!!!! Wat 'n Gesonde Familie verhouding is dit nie. Mens kry dit net nie meer nie. Wahw
  5. susan
    2010/09/01 04:31:43 nm
    WERLIK 'n PRAGTIGE ARTIKEL. DANKIE TEMPO